Kind (8) uit hospitaal ontslaan ná hoewe-aanval

Marlu Coetzee en sy sussie, Marizé, veilig tuis na die nagmerrie-ervaring. (Foto: Verskaf)

“Hoewel die aanval self nou verby is, dink ek die moeilikste deel van hierdie pad lê nog voor.”

Só sê Dehlia Coetzee nou dat haar agtjarige seun, Marlu, uiteindelik tuis aansterk nadat hy Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn aanval op sy pa, Mario, se hoewe in die Vyfhoek-omgewing in Potchefstroom met ʼn stomp voorwerp deur die gesig geslaan is.

Dehlia sê sy is dankbaar dat sy gisteraand langs haar seun en sy sussie, Marizé (7), by die huis in die bed kon slaap. “Marlu het maar ʼn rowwe nag gehad. Ek dink die pyn begin nou eers regtig inskop. Maar hy lyk regtig al baie beter en vanoggend is sy ogies oop,” sê sy.

Maroela Media het vroeër berig Marlu moes plate en skroefies in sy neus kry nadat hy erge gesigbeserings in die aanval opgedoen het en sy oë was aanvanklik heeltemal toegeswel. Die plate en skroefies sal oor ses maande weer verwyder moet word, maar dokters vermoed in dié stadium dat Marlu geen permanente skade sal oorhou nie.

Dehlia sê hoewel Marizé nie in die aanval beseer is nie, het sy eintlik die seerste gekry. “Sy is verskriklik getraumatiseer. Toe dit gisteraand begin skemer raak, het sy begin huil, tot so ʼn mate dat sy amper begin hiperventileer het. Ons was al drie al net na 18:00 in die kamer, alles gesluit, met al die ligte en die alarm aan, en ek het net lank hulle handjies vasgehou en gebid totdat sy begin rustig raak het,” sê Dehlia.

Marlu Coetzee in die hospitaal. Foto: Verskaf

Sy sê albei haar kinders sowel as Mario asook ouma Nellie en oupa Paul wat ook in die huis was toe die aanval plaasgevind het, sal berading ontvang om die traumatiese gebeure te verwerk.

“Marlu moet Donderdag weer teruggaan hospitaal toe om die stekies uit te haal en dan gaan hulle ook net weer ʼn skandering doen om seker te maak alles is oukei. Vrydag word hy nege jaar oud, so dan gaan ons lekker verjaardag hou,” sê Dehlia.

Sy sê hoewel dit ʼn baie moeilike tyd vir hul hele gesin is, staan sy verstom oor die ondersteuning wat van oral oor instroom. “Ja, die ergste deel begin eers nou, maar as ek terugkyk oor die afgelope paar dae, is dit net ongelooflik hoe alles in plek geval het; net ongelooflik hoe almal ons ondersteun en ons wil help. Ek het net weer besef daar is nog bitter goeie mense in hierdie wêreld.”

Intussen word Mario (47), wat gesigfrakture en snymerke aan sy arms, bene, kop en gesig opgedoen het, steeds in ʼn Potchefstroomse hospitaal behandel. “Medies gesproke lê daar nog ʼn lang pad vir hom voor. Hy het baie seergekry, maar hy is rustig en kalm en hy kan met ons gesels. Hy kan glad nie onthou wat gebeur het nie,” sê Dehlia.

Paul Coetzee, Mario se pa, het vroeër aan Maroela Media gesê een of meer aanvallers het ʼn kombuisvenster gebreek en die traliewerk gebuig om toegang tot die huis te kry waarna hy/hulle na die hoofslaapkamer is waar Mario en die kinders gelê en slaap het.

Paul en sy vrou, Nellie, het wakker geword van die kinders wat skree en gaan ondersoek instel. Nellie is in die donker huis oor die kop geslaan en moes later steke kry om dié wond te heg. Die aanvaller/s het oomblikke daarna op die vlug geslaan.

“Toe ek buk om my vrou op te tel en in my seun se kamer inkyk, het ek net al die bloed gesien. Mario se oë was onmiddellik blou en dik opgeswel. Sy hele gesig was opgeswel,” het Paul gesê.

Die polisie het bevestig ʼn saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hans ·

Sterkte vir julle.Ek hoop daar is n medies wat alles dek.Die staat behoort al die kostes te dra want hulle is te sleg om die land te beveilig .

Andrea ·

Ek kan nie anders as om bose gedagtes teen sulke lafhartige wreedaards te bedink nie…
Baie sterkte vir julle.

Skerpioen ·

Tot en met SA se president nie plaasaanvalle en plaasmoorde erken nie…. vir so lank sal die polisie net n saak van huisroof oop maak. Dis n flippen skande! Maar wag die wiel draai….

Dries du Toit ·

Wie gaan eendag aan daardie kinders verduidelik dit is a.g.v. politici dat sulke dinge gebeur het

Ania ·

‘n Saak van huisroof word ondersoek? Regtig? ‘n Kind eindig op in die hospitaal so erg is hy aangerand en die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof…

willem Botha ·

Sterkte ou groot seun daar sal seker geen geregtigheid vir jou wees nie want die vyand ondersoek nie eers die regte klagte nie en die valke en kastige spesialiste eenheid sien die nie as prioriteit nie.

Hendrik ferreira ·

Ek het nog nooit kommentaar gelewer nie maar wou net se die nuus oor die polisie konstabel wat in natal geskiet is waar is daardie mense wat kommentaar gelewer het oor hoe goed die polisie is ? Die is n skande en ek is skaam om te sê ek bly in Suid afrika.

Bekommerd ·

Ai, ek is so jammer dat so-iets julle moes oorkom. Die klein seuntjie is so dapper en pragtig. Baie sterkte op die herstelpad vir beide seun en sy pa. Mense ons gaan moet kyk dat ons huise beveilig word.

Dries du Toit ·

Die grootste doel agter al hierdie wrede dinge is om die blanke te vernietig. Sy taal, sy kultuur, sy godsdiens en sy inkomste. Na die verkiesing sal ons sien hoeveel van die minderhede kan getel word wat weerstand kan bied. As daar n groot hoeveelheid mense die VF+ ,Afriforum en Solidariteit n mandaad gee om ons saak aan die buiteland, verenigde nasies, wereld hof te kan gaan stel, is daar nog hoop vir ons

Bekommerd ·

Ek stem saam. Wat met die blanke Afrikaner tans gebeur is presies wat Hitler met die Jode gedoen het. Hulle taal en kultuur was ook eers aangeval om dit te vernietig, daarna was die Jood as mens self aangeval. Dit is wat die linkses en liberale nou met ons doen. Hulle is erger as die Nazi’s, want teen hierdie tyd behoort die linkses en liberales te geleer het en behoort hul hierdie tipe gedrag teenoor minderhede teen te staan. Inteendeel, is die liberales dié wat hierdie monsters ondersteun en finansier. Hulle is nuwerwetse Nazi’s en pas presies daai beginsels toe.

Skerpioen ·

Ek stem saam. Maar daar sal altyd blankes wees wat glo dis beter om nog vir die DA te stem. Ongelukkig sal die blankes nooit as n eenheid kan saam staan in hierdie land nie. En dít is ons ondergang…

willem Botha ·

Nee skerpioen ons gaan almal VF+ stem klaar met die DA

Coert ·

‘n Saak van huisroof word ondersoek. Hoe pateties. Dis poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer ten minste. Is daar ooit iets geroof? Nie dat dit die aanvalle enigsins minder wreed sou maak nie. Dit lyk al hoe meer of die polisie ook in ‘n groot mate gekaap is. Hulle staan dan en toekyk terwyl winkels en voertuie geplunder en uitgebrand word.

Zenithia ·

Hulle is lafaards om n 8 jarige seuntjie so seer te maak! Dis poging tot Moord SAPD POTCHEFSTROOM dis nie huis inbraak! !! Baie baie sterkte aan n gebooie hartseer familie. Ons bid dat God jul sal sèen en Beskerm. ….EN DANKIE HEER dat U hul lewens gespaar het. Amen

Pieter du plessis ·

Ek is moedeloos wat moet ons doen om die vuur te maak onder die klomp wat hulself geregsdienaars noem?

hercu ·

“for we do not wrestle against flesh and blood, but against the rulers, against the authorities, against the cosmic powers over this present darkness, against the spiritual forces of evil in the heavenly places. Therefore take up the whole armor of God, that you may be able to withstand in the evil day, and having done all, to stand firm” – Ephesians 6:12‭-‬13

Foxi ·

Hel man, dis n kind! Het die vark nou gedink die kind is so gevaarlik sterk dat hy hom met n stomp voorwerp geslaan het? So jammer seuntjie, hoop jy en jou pappa word gou gesond.
Hoop daar word jag gemaak op daardie vuilgoed!!!!

Ada Venter ·

Maroela waarom berig julle altyd huisroof terwyl julle voor julle siel weet dit is poging tot moord?
Wat besiel julle?

Mariné Lourens ·

Dagsê Ada Venter

Dankie vir jou kommentaar. Maroela Media bepaal nie watter saak ondersoek word nie, dit word deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens bepaal op grond van die voorlopige inligting tot hul beskikking. Maroela Media berig bloot oor die feite van die saak insluitend watter saak aanhangig gemaak is by die polisie. Ons verslaggewers besluit nie self watter saak ondersoek word nie, maar ontvang die inligting van die betrokke polisiewoordvoerder en dui dit dan so in die berig aan. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groete
Mariné nms Maroela Media

Yvonne ·

Huisroof? Ek slaan my hande saam. SAP is dit nie poging tot moord ook of ten minste aanrading met die opset om ernstig te beseer nie? Sterkte aan die gesin. Behalwe die fisiese herstel moet die emosionele wonde ook genees.

Doempie ·

Huisroof is seker maar ons regering se manier om te keer dat sulke aanvalle deel van statistiek word. Dan kan ons agbare President mos bewys dat plaasaanvalle ñ versinsel is.

Clipper ·

Dit vat n baie spesiale tipe gemors wat geen ordentlikheid in sy vrot liggaam het om ‘n kind so aan te rand

Patrz ·

Ek sê dat ingeval van so geval moet mens alle onkostes by SARS moet kan terug eis. Die dag wanneer dit gebeur dan sal die mense wat van belasting betalers afhanklik is niks meer kry nie. Ek is so jammer vir wat met die gesin gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.