Kind brand dood ná woonstel vlamvat

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kind, vermoedelik tussen ses en nege jaar oud, is dood nadat ʼn brand Dinsdagaand in ʼn woonstel in Roodepoort, in die weste van Johannesburg, uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die brand het by ʼn woonstelblok op die hoek van Main- en 13de straat uitgebreek.

“Die klein woonstel was in ligte laaie toe die paramedici en brandweer by die toneel opgedaag het. Brandbestryders het begin om die brand onder beheer te bring terwyl paramedici twee volwassenes en die kind, wat buite die woonstel aangetref is, behandel het,” het Meiring gesê.

“Die kind was ongelukkig reeds dood, vermoedelik weens rookinaseming. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die kind se dood te bepaal.”

Die volwassenes is op die toneel vir matige rookinaseming behandel. Hulle na die Helen Joseph-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die brand is nie in die stadium bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rikku ·

Maroela van watter Woensdagaand praat julle ?
Verlede week Woensdag of vandag ?

Sune van Heerden ·

Dagsê Rikku,

Dit moet eintlik “Dinsdagaand” wees. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.