Kind by winkelsentrum doodgery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige dogtertjie is dié naweek naby ʼn Spar-kettingwinkel in Muldersdrift in Gauteng  doodgery.

Ao. Hitler Ngwenya, polisiewoordvoerder, het gesê die kind was Saterdag omstreeks 16:30 saam met haar ouma naby die winkel toe die bestuurder van ʼn Volkswagen Golf glo roekeloos in die gebied rondgery het.

“Die motor het die ouma en die kind getref voordat dit teen ʼn stilstaande bakkie gebots het,” het Ngwenya gesê. Die kind het op die toneel aan haar beserings beswyk. Die ouma is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die bestuurder het van die toneel weggejaag. ʼn Man het homself egter later die dag by die Muldersdrift-polisiestasie oorgegee en is in hegtenis geneem.

Die man verskyn Dinsdag in die Krugersdorp-landdroshof op aanklag van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Wern ·

Ek sien gereeld sulke lae gewetelose mense in parkeer areas. Laat hy baie swaer gestraf word en as voorbeeld dien dat niemand dit weer doen nie.

Tiger ·

Ek wonder.Ons is op ‘n grondpad VAN AGTER AF in vasgery deur ‘n boer toe my man regs wou indraai by ‘n ander boer se plaas .Ek was 6 weke in ICU en alas en als 4 maande in die hospitaal.Ek het brein beserings opgedoen,8 ribbes gebreek,borsbeen gebreek en linker bo arm gebreek.Na 3 jaar kan ek nou al kort entjies stadig loop met my man se hulp en ‘n kierie.Ek sukkel om te praat en my regter hand en arm is nutteloos.My man doen alles vir my,maak huisskoon was wasgoed kook kos ens.Ek was bekend as my familie se “tomboy”.Nou kan ek niks doen nie.
Die boer wat in ons vas gejaag het in die stof van ons voertuig het R500 boete betaal vir roekelose en nalatige bestuur en siedaar.Einde van die storie.Net my mediese rekening het R1.154 miljoen beloop.Maar hy kry R500 boete.Dit is die nuwe SA!

Cherokee ·

Dit is skokkend wat jy vertel Tiger, maar behalwe daarvoor dat jy die reg gehad het tot ‘n 3de party eis (wat jy hopelik geloots het) verhoed niks (behalwe finasies natuurlik) jou om ‘n privaat eis in te stel teen die skuldige. Dit sal baie onregverdig wees teenoor jouself as jy dit nie doen nie.
As jou man regs gedraai het vanuit ‘n linker rybaan en jy was in die linkersitplek en die ernstigste beseer neig dit om te klink asof jul kar aan jou kant getref is. Het jou man nie dalk voor die ander kar ingedraai nie? Alhoewel jy sê dat die boer skuldig bevind is en dit dui op sy skuld. As jy dit kan doen, stel ‘n eis in. Of Tiger, betaal ten minste ‘n kundige prokureur vir eenmalige advies daaroor en maak seker dat dit ‘n prokureur is wat ervare is op daardie gebied.

Saaitjie ·

Tiger, ek werk vir ‘n firma wat in 3de party eise spesialiseer. Kontak my op [email protected]. Ons kan na die meriete van jou saak kyk en moontlik van hulp wees. Sterkte

Sanette ·

Saaitije, ek weet nie of die derde party eis roete gevolg kan word as die ongeluk plaasgevind het op ‘n grondpad en nie ‘n publieke teer pad nie. Ek dink Tiger moet verseker ‘n siviele skadevergoeding eis in sit vir al haar mediese kostes teen die man wat dit heel duidelik veroorsaak het. Sterkte Tiger en jammer dat jy al hierdie dinge moes deur maak.

Quin ·

Tiger, dis baie erg wat met jou gebeur het. Dis ‘n skurk wat wegjaag as hy ‘n kind getrap het, maar in jou geval is dit ietwat anders. ‘n Mens moet aanvaar dat ‘n ongeluk kan ook gebeur wanneer ‘n mens nie nalatig was nie. n Grondpad kan vir ‘n mens maklik ‘n paar aaklige verassings inhou. Sterkte!

Tiger ·

Quin,Cherokee en Saaitjie,ons het ‘n 3de party eis ingedien by die Pad Ongelukke Fonds en dis afgehandel .Nou wag ons vir die uitbetaling.EK het ‘n breinbesering opgedoen en daarom gee hulle my nie geld in my hand nie.Die geld gaan inbetaal word by ‘n trustee waarna ek ‘n maandelikse bedrag sal kry.Omdat ons by die POF geeis het mag ons niks van die boer af eis nie.Dis wet.My argument bly steeds waarom kry hy net R500 boete maar ons lewens is vir ewig opgevoeter.Net die skade aan klerasie,ons brille ,die maand se kruideniers ware ,gereedskap trommeltjie en gereedskap en sakke hoender kos beloop meer as R5000! En hy het nie een sent vergoeding aangebied nie.

Francis Linstrom ·

Die stof is geen rede om van agter on n voertuig vas te ry. Self bestuur al 46 jaar omtrent net op grondpaaie en as jy nie voor jou kan sien nie, wag tot jy kan sien. Sommige mense ry soos idiote op die grondpaaie.

Pierre Celliers ·

Dieselfde het my oorgekom. Jonk getroud, vrou swaar verwagtend.Reen erg, stop by ‘n rooi robot. Die volgende oomblik tref ‘m ,otor my met ‘n hengse spoed van ater en frommel my karretjie op. ‘n Vrou klim uit en strompel na my, smoor dronk saam met haar metgesel wat ‘n halfjack in sy gatsak het. Staat bevind haar skuldig vir bestuur onder die invloed. Ek is jonk, onervare. Niemand se my ek moet nog ‘n saak begin teen haar nie. Moes al my onkostes self dra, insluitend toetse om seker te maak ons baba het niks oorgekom nie.

Wat-ek-lees ·

In hierdie heval moet hy vir MOORD aangekla word wat dit was na slle waarskynlikheid sy roekelose bestuur wat die dood van die kind veroorsaak het.
Hoevele kere word daar tussen geparkeerde motors gejaag en ook dwars oor oop parkeerareas.
Agter die stuurwiel is GEDULD een van die dinge wat jy moet doen.

cobusp ·

Dus hartseer om die soort artikels te lees. Dus ook bemoedigend om te sien hoe mense raad aanbied vir bv Tiger met sy insident. Sou dit nie wonderlik gewees het soos in die berig as Maroela kon intree en die regte advies kan lewer en mense verwys na professionele hulp wat hulle kan verduidelik wat hulle regte is en wat de skadevergoeding hulle op Watter manier kan verhaal……dienslewering aan die bree publiek. Ek is seker daar is baie professionele mense wat verniet die regte advies sal gee……..nag ou grote

KarooKlong ·

Cobusp, glo dit of nie, Tiger is ‘n vroumens. (met sy insident)

charlene ·

Tipies SA strafbare manslag my agterkant Dis MOORD en poging tot MOORD. Hy verdien die hangpaal – maar ongelukig kan ons nie so ek hoop hy sit vir die res van sy lewe in `n tronk en sien die son net 1keer `n maand.
Strekte aan die familie en die ouma, mag god julle dra deur die harde moeilike tyd, geen woorde kan julle pyn beter maak nie net God kan julle help daardeur.

Gesiggie ·

Onskuldig… loop n Ouma en haar kleinkind, en jy Mnr spoedvark kom, en verwoes 2 lewens op een slag, jy neem n 3 jarigge kind se lewe…. en jy maak dat die Ouma opland in die Hospitaal, dan jaag jy nog weg, en gee jouself eers later aan by die Polisie …ek hoop nie daar is versagting vir jou… ? wonder of die man nie dalk betrokke was by n rooftog of iets? of dalk te diep in die bottel gekyk ?? rede vir sy spoed? Jammer aan die ouers van die dogtertjie wat hul kind verloor het, sterkte aan die Ouma, hoop jy sal gou hestel…

ISABEL ·

Goeiedag almal – HELP asseblief: My skoonseun se pa het gisteroggend net voor 9 van Carltonville af probeer n geleentheid kry na Thabazimbi. Hy is nou heeltemal weg. Hy is 65 en is DAWIE DE BEER. Hy is te voeg weg. Enige iemand met inligting kan asseblief sy seun (ook Dawie de Beer) kontak by 0630322907 of Chelza by 0780806299. HELP ASSEBLIEF!!

Wern ·

Maroela, help asb deur om n foto met meer info te plaas en sosiale media. Ons gaan moet saamstaan en al meer en vinniger gereed moet wees om mekaar te help. Sover ek weet is Twitter die beste om boodskappe baie vinnig deur n gemeenskap te kry?

E.K. ·

ISABEL – ek dink jul moet die PINK LADIES organisasie kontak – hulle is baie goed met sulke opsporings van mense. Intussen dink ek ook Twitter kan help – mees onlangse Carte Blanche het duidelik uitgewys hoe misdaad help beheer kan word met Twitter en fb ens. Hoop jy kom reg, julle moet seker baie bekommerd wees! Sterkte jong

Irene Myburgh ·

Ek weet ook nie hoekom moet mense in parkeer areas jaag nie waarheen jaag hulle. ‘n Mens moet altyd op die uitkyk wees vir kinders of enigiemand wat ewe skielik tussen parkeerde voertuie kan uitkom. En oor die stofpad ek bly nie eers op ‘n plot of plaas nie maar ek weet wanneer ek wel op stofpaaie ry moet jy ‘n sekere afstand hou ‘n mens noem dit “dustcap” dit is tog logiese denke.

Theuns ·

Elke keer as ek van die dorp afkom moet ek regs afdraai op die grondpad na ons plaas toe. En elke keer gebeur dit dat iemand amper in my vasry van agter af! Die Rede is dat die mense agter my dink as ek my regter draai lig aansit dat ek vir hulle toesteming gee om verby te kom? En nogal op ‘n soliede witstreep!!!

Tiger ·

Theuns dis skrikwekkend hoeveel breindood mense sit agter voertuie se sture!Ons sien dit steeds gereeld as ons inry dorp toe of oppad terug ry hoe simpel mense op ‘n grondpad kan wees.Dis verstommend.

Poppie ·

Isabel, het julle al vir Dawie de Beer gekry? As julle nie het nie, het julle al sy verdwyning aangemeld by SAPS? As julle het, stuur asseblief die saaknommer vir my dan versprei ek die inligting op die CPFs waaraan ek behoort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.