Kind deur noodvoertuig doodgery

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Negejarige kind is Dinsdag voor sy skool deur ʼn noodvoertuig doodgery.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep leerders van die Republic Primary School in Bethelsdorp in die Oos-Kaap het omstreeks 13:45 voor die skool gestaan om die straat oor te steek.

Volgens Naidu het die skolierpatrollie verkeer tot stilstand gebring sodat leerders Stanfordweg kon oorsteek. Die leerder, L-Jay Peterson, het toe vermoedelik oor die pad gehardloop en ʼn noodvoertuig het glo versuim om stil te hou en hom raakgery.

Peterson is op die toneel dood. Kupido Baron, woordvoerder van die Nelson Mandelabaai-metro, het gesê hulle probeer steeds vasstel wat presies gebeur het.

“Dit lyk in dié stadium asof een van ons beamptes op pad na ʼn noodgeval was toe die tragiese voorval plaasgevind het.”

Baron het die metro se meegevoel met Peterson se familie betuig. “Ons gebede is met hulle en ook met die bestuurder van die voertuig aangesien die voorval moontlik ook ʼn blywende impak op sy lewe sal hê.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Christo Grobler ·

Gee nie om na water noodgeval hy oppad was nie. Jy jaag nie verby n verdomde skool nie. Nooit nie. Maak nie saak wat jou redes is nie. Ry om of n ander roete.
En om n padpatrolie te verontagsaam is moord. Klaar

Diklizzy ·

En as dit die kortste pad na die noodgeval is? Wanneer ‘n mens se lewe ter sprake is, kan sekondes tel. Wat as ‘n familielid van jou vir die ambulans wag? Sal dit dan reg wees dat hy ‘n langer pad vat? Waar is die verantwoordelikheid van die volwassenes in beheer van die skolierpatrollie? Moet hulle dan nie juis toesig hou om te kyk dat die patrollie reg uitgevoer word nie? Hoekom het die patrollie die verkeer tot stilstand gebring as daar ‘n noodvoertuig op pad was? Sekerlik was die noodvoertuig se ligte en sirenes aan? Foute aan beide kante sou ek se.

Biebie ·

Metro polisie dink die paaie behoort aan hulle en dat hul nie die pad reëls hoef na te kom nie. Arme kind se ouers se lewens is verwoes.

Verstom ·

Bestuurder van motor getraumatiseer AG SIESTOG omdat hy so gejaag het hê.

Diklizzy ·

So jy sou verkies dat hulle 40 km/h ry na waar jou geliefde in lewens noods is?

James ·

Hulle jaag heeltyd. Ek al gesien dat hulle teen vreeslike spoed ry en daar is geen ligte of sirene nie.

Zoro ·

Enige noodgeval moet met inagneming van jou eie veiligheid en alle ander padgebruikers en voetgangers benader word. Pad reels moet steeds nagekom word in n noodgeval om ‘sirens ‘ by skool patrollie te gebruik is roekeloos – jy verwaar kinders en maak dat hulle onvoorspelbaar op tree – daai beampte behoort om van beter te wèet

Wat wou ·

Voor julle almal klippe gooi. Het julle al gesien hoe hardloop party klein kindertjies oor ‘n pad sonder om links of regs te kyk.
Die basiese verkeersreëls by laerskole ontbreek soms.
Ja soms in ons oë is die nood voertuie onverskillig, maar niemand is saam in die voertuig om die omstandighede rondom die situasie waar te neem nie.
‘ n Saak het 3 kante “jou kant, die slagoffer se kant en die waarheid.

wou wat ·

mens moet in ag neem dat kinders onverskillig is. word hulle nie meer verkeersreels op skool geleer nie? dan weer mens a
sal verwag dat polisie lede die reels ken. vuilis strooi is tog n vervolgbare oortreding. tog weet polisielede dit nie. kyk gerus !maar hoe gooi hulle vuilgoed uit die vangwa se vensters uit. was hulle nie eers aa kinfers tuis geleer om nie rommel te strooi nie?

MG ·

Die berig lees dat die skolierpatrollie die verkeer tot stilstand gebring het waarna die kind die pad oorgesteek het. So jy is reg, Wat wou, die basiese verkeersreëls is verontagsaam – deur die noodvoertuig!

Mollie ·

Wat wou, jy kan nie dit as n argument gebruik nie. Volgens wet mag jy nie net oor n verkeerslig of stopstraat jaag of in hierdie geval voor n skool verby jaag waar n skoolpatrollie diens doen nie. Punt nommer 1: Al is jou sirenes aan en jou noodligte moet jy nogsteeds ag slaan op padreels,stadiger ry en seker maak dis veilig om verder te ry.
Punt nommer 2: Dis n kind daardie van 9 jaar oud,hyt dalk verboureerd geraak en gehardloop, dis nie n grootmens wat logies kan dink nie,dis n klein kind.
Punt nommer 3: die spoed limiet voor skole is 40 km/h te all tye, en 25km/h as skole uitkom, n mens met gesonde verstand kan vir homself dink dat daar n moontlikheid is dat kinders voor voertuie kan inbeweeg. Basies se jy dat as n voetganger voor jou inloop in n beboude gebied is dit sy probleem, in die oe van die wet bly dit jou verantwoordelikheid en sal jy aangekla word van manslag. Nie eers n kritieke pasient in n ambulans regverdig dat daar gejaag moet word voor skole waar kinders beweeg nie.

Elsa ·

Dis so tragies en ek voel bitter jammer vir die kind se ouers, asook vir die bestuurder van die noodvoertuig. Wat ookal die waarheid of die omstandighede, klippe gooi gaan nie die kind terugbring nie.

Lou ·

My kind was ook deel van die padpatrollie korps in graad 6. Sy het baie kom vertel hoe onverskillig mense ry, baie van hulle ouers wat sopas ‘n kind kom af of oplaai het……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.