Kind deur trok doodgery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Seun is Saterdagmiddag deur ʼn vragmotor doodgery op Sir Lowry’s Pass in die Wes-Kaap.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms was die vragmotor in die middel van die pad. Die bestuurder het op die toneel rondgeloop.

“Die seun se lewelose liggaam is onder die vragmotor gevind. Hy het reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Volgens ooggetuies het die kind oor die pad gehardloop toe die vragmotor hom getref het. Verkeer is erg ontwrig. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pastoor ·

Dit is vreeslik. Sterktevir die families. Die bestuurder moet geweldig getraumatiseerd wees. Aitog Jesus sal help en vertroos

Bertus ·

Dis erg. Maar wat soek die. Kind daar? Mense moet onthou. Trokke kan nie net stop nie.

Annika ·

Hier stem ek saam. Waar was die kind se ouers, en wat het hy in die straat gesoek? Lorries het ñ afstand nodig om te stop, hulle is nie soos kleiner voertuie wat vinnig kan stop nie.
Ek hoop werklik die saak sal met die nodige diskresie hanteer word.

Lielie ·

Ek Neem aan die is Sir Lowrys Pas die dorpie waarna verwys word. Sowat 2 jaar terug het dieselfde tipe voorval ook hier gebeur. Hierdie is klein gemeenskap en is dig bywoon met baie klein kindertjies wat daar rondloop. Dit is baie moeilik om Hier te bestuur met al die voetgangers. Dink net wat nie net die gemeenskap maar ook die trokdrywer moet deurgaan. Asseblief moet nie vingers yes en beskuldigings rondslinger. Hierdie gaan moeilik genoeg vir almal wees om te berserk.

charlene ·

My 1ste reaksie was, “asb Here nie nog `n kind nie” toe lees ek nou die berig en wonder… wat soek die kind daar?? en oor die pad hardloop??? Waar was die ouers? Nou gaan `n trok drywer wat baie hard werk vir sy geld dalk tronk toe gaan oor iets wat nie sy skuld is nie! Jammer dis hoe ke dit sien, die kind het nie verdien om te sterf nie want hy is `n onskuldige kind maar sy ouers moes hom van beter geleer het. Ek is amper 30 en hardloop nie oor `n pad nie wat nog te sê `n pas waar trokke volop is. Dis nie `n speel plek vir kinders nie, en indien hy die pad moes oorsteek moes sy ouers by gewees het om iemand wat mooi kon help. Nie-te-min, sterkte aan die familie van die kind maar sterkte aan die trok drywer ook, mens kan aan die berig sien jy is baie erg geskok, jy is nie `n moordenaar nie asb moet dit tog nooit glo nie, jy het nie weg gery nie, jou tronk gestop en daar gelos in die middle van die pad en seker gemaak jy oortree gee wet. Sterkte aan jou mr trok drywer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.