Kind dood in Ficksburg-plaasaanval

(Argieffoto: Nico Strydom)

ʼn Kind is dood nadat twee plaasaanvallers Sondagaand op ʼn plaas in die Ficksburg-distrik in die Vrystaat toegeslaan het. Ses ander mense is beseer.

Volgens AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder vir die Ficksburg-polisiestasie, is die kind dood nadat hy in die maag geskiet is. Volgens die polisie is die kind 11 jaar oud, maar dié inligting kon nie bevestig word nie.

Volgens die polisie is ses ander mense, mans en vrouens, na afloop van die voorval vir verdere mediese behandeling in ʼn hospitaal opgeneem.

Mophiring sê die voorval het om 21:50 Sondagaand plaasgevind, toe die aanvallers te voet by die twee wonings op die plaas opgedaag en sonder meer op die inwoners losgebrand het.

Die verdagtes het toe weer te voet van die toneel gevlug en later in ʼn onbekende motor geklim wat langs die R26-pad geparkeer was.

Die motief agter die skietery is nog nie bekend nie. ʼn Saak van moord en ses aanklagte van poging tot moord word ondersoek.

Mophiring doen ʼn beroep op lede van die publiek met enige inligting wat kan help met die inhegtenisneming van die verdagtes, om kapt. Lebakeng by 079 897 7144 te skakel, die My SAPS-app te gebruik of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel. Alle inligting wat ontvang word, sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik ·

Klink my na ‘n teregstelling … Komaan Cele, waar is jy nou?

koos10 ·

Plaasmoord nie aanval nie. Enige kommentaar Cele? Skuus, jy is mos net daar om oor jouself te worry. My innige simpatie aan die naasbestaandes, en verskoon asb my galbraak. Mag God julle vertroos.

Di ·

Se weer dat al hierdie plaasaanvalle georkestreer word deur ‘n politieke party. Wil vrees inboesem by alle boere om hulle van die plase af te dryf. Dink ons almal weet wie moontlik hieragter sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.