Kind geskiet tydens ‘padwoedevoorval’ in Kaapstad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 10-jarige seun is Vrydagmiddag omstreeks 15:00 in Laer Pleinweg in Kaapstad geskiet tydens ʼn vermeende padwoedevoorval.

“Die 10-jarige is beseer toe ʼn vuurwapen afgegaan het tydens ʼn onderonsie tussen drie mans,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “ʼn Taxi en ʼn sekuriteitsvoertuig was glo in ʼn botsing betrokke. Die bestuurder en een van sy insittendes in die taxi het uitgeklim om die veiligheidswag te konfronteer. Die mans het begin stry en die vuurwapen het afgegaan.”

Volgens Traut duur die ondersoek voort. “’n 37-jarige verdagte is in hegtenis geneem,” het hy bevestig. “Hy verskyn Maandag in die hof op aanklag van poging tot moord.”

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die kind is in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kobus ·

Die taxi’s is deel van die grootste moeilikheid in ons land. Hulle breek al wat n verkeersreël is en jaag net geld na ongeag enige padverbruiker se veiligheid. Die staat moet een van 2 dinge doen: Taxi’s vereniging toemaak en meer staatsbusse in werking stel of ondraagbare streng boetes en opskortings op hulle toepas. Andersins pas die wet aan dat alleenlik swart vroue n taxi mag bestuur, dis nogsteeds werk skepping en hulle sal meer by verkeersreels hou!

Gesiggie ·

Die arm kind, nou moes hy seer kry agv padvarke wat nie hulself kan inhou?? so jammer dat hy op daai oomblik daar was. Hoop dat hy gou sal herstel. Sluit hul toe.

GES ·

Die taxie-bestuurder besou hulle ook verhewe bo die wet. Hulle ry en maak absoluut net soos hulle wil en die res van die padgebruikers moet by hulle aanpas.

Gunsmoke ·

‘n Vuurwapen gaan nie sonder meer af nie. Iemand het ‘n skoot afgetrek. Raak u nou so polities korrek dat u die skuld op die vuurwapen wil pak?

Marietjie ·

Dis seker hoekom die polisie ondersoek instel en die persoon in hegtenis geneem het vir “poging tot moord”?

Gunsmoke ·

Ekskuus, ek moes aangedui het my opmerking is nie teen Maroela gemik nie, maar teen lt. kol. Traut.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.