
Een van die foto’s wat op Otavileeuplaas se webtuiste verskyn. Foto: http://www.otaviwildlifesanctuary.co.za/
ʼn Kind is glo Donderdagoggend op die Otavi-leeuplaas buite Parys in die Vrystaat doodgebyt.
Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het omstreeks 12:00 aan Maroela Media gesê die voorval het pas gebeur en baie min inligting is tans beskikbaar. Volgens Hani is polisiebeamptes tans op die toneel en sal daar later meer inligting bekendgemaak word.
Maroela Media het verskeie kere probeer om met die leeuplaas kontak te maak, maar die foon is telkens net doodgedruk wanneer daar navraag gedoen is oor die voorval.
Die Otavi-leeuplaas is op die Vaal Eden-pad buite Parys. Volgens hul webblad word leeus, jagluiperds, rooikatte, wildehonde, sebras, kameelperde en verskeie soorte bokke op die plaas gehuisves.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
Dis tragies – arme kind.
Waar was die ouers? Waar was die toesighouers?
Ek hoop nie hulle gaan die leeu van Kant maak nie!
Mense moet besef dit bly ‘n Wilde diet ongeag die spesie of geslag.
Mense moet meer voorbereid en ingelig wees waar dit by wilds plaas besoeke Kom.
Hierdie was blykbaar ‘n verskriklike hartseer ge-isolleerde voorgeval.
Ons simpatie aan die ouers, familie en wild plaas eienaar…
Ons wag in spanning vir meer ingligting.
Al wt ek wil se is dat baie van die leeuplase n onding is.Die katte word nooit werklik mak nie en is n ongeluk wat wag om te gebeur
Sjoe, ek lees glad nie Marianne se kommentaar as ‘n veroordeling nie, Kiepie. Sy maak ‘n paar stellings wat absolute waarhede is wanneer dit by wildediere kom.
Wens die ouers alle sterkte toe.
Ek kry die mamma en pappa hier baie jammer. Iemand het duidelik nie hulle werk gedoen nie want hoekom die foon dood druk, antwoord die vrae wat wel beantwoordbaar is.
Maar mense moet beself `n leeu is nie `n kat nie – hy is nie `n mak dier wat jy kan vryf en mee speel nie, dis `n wilde dier wat soos `n wilde dier gaan optree.