Kind glo op leeuplaas doodgebyt

Een van die foto's wat op Otavileeuplaas se webtuiste verskyn. Foto: http://www.otaviwildlifesanctuary.co.za/

Een van die foto’s wat op Otavileeuplaas se webtuiste verskyn. Foto: http://www.otaviwildlifesanctuary.co.za/

ʼn Kind is glo Donderdagoggend op die Otavi-leeuplaas buite Parys in die Vrystaat doodgebyt.

Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het omstreeks 12:00 aan Maroela Media gesê die voorval het pas gebeur en baie min inligting is tans beskikbaar. Volgens Hani is polisiebeamptes tans op die toneel en sal daar later meer inligting bekendgemaak word.

Maroela Media het verskeie kere probeer om met die leeuplaas kontak te maak, maar die foon is telkens net doodgedruk wanneer daar navraag gedoen is oor die voorval.

Die Otavi-leeuplaas is op die Vaal Eden-pad buite Parys. Volgens hul webblad word leeus, jagluiperds, rooikatte, wildehonde, sebras, kameelperde en verskeie soorte bokke op die plaas gehuisves.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Marianne ·

Dis tragies – arme kind.
Waar was die ouers? Waar was die toesighouers?
Ek hoop nie hulle gaan die leeu van Kant maak nie!
Mense moet besef dit bly ‘n Wilde diet ongeag die spesie of geslag.
Mense moet meer voorbereid en ingelig wees waar dit by wilds plaas besoeke Kom.
Hierdie was blykbaar ‘n verskriklike hartseer ge-isolleerde voorgeval.
Ons simpatie aan die ouers, familie en wild plaas eienaar…

Kiepie ·

Marianne, jou laaste twee sinne weerspreek die res van die trant van jou plasing. Eers veroordeel jy die arme mense en dan sê jy dit was ‘n geïsolleerde geval en betuig jou meegevoel. Skerm lekker altwee kante toe. Hoekom wag jy nie ten minste tot daar meer inligting beskikbaar is voordat jy oordeel vel as jy dan voel dit is jou geregverdig nie.

Columbiana ·

Die arme ouers. Hulle het hulle kind verloor en moet nou nog opgeskeep sit met mense wat sê waar was die ouers so asof dit outomaties is dat die ouers skuld het of nalatig was. Dis tragies

Ellie ·

Al wt ek wil se is dat baie van die leeuplase n onding is.Die katte word nooit werklik mak nie en is n ongeluk wat wag om te gebeur

Theresa ·

Sjoe, ek lees glad nie Marianne se kommentaar as ‘n veroordeling nie, Kiepie. Sy maak ‘n paar stellings wat absolute waarhede is wanneer dit by wildediere kom.
Wens die ouers alle sterkte toe.

charlene ·

Ek kry die mamma en pappa hier baie jammer. Iemand het duidelik nie hulle werk gedoen nie want hoekom die foon dood druk, antwoord die vrae wat wel beantwoordbaar is.
Maar mense moet beself `n leeu is nie `n kat nie – hy is nie `n mak dier wat jy kan vryf en mee speel nie, dis `n wilde dier wat soos `n wilde dier gaan optree.

vermeende ·

Die kort en lank is, dis n wilde dier wat n moontlike prooi gesien het.
Wat het die kind in die hok gesoek en wie het hom laat ingaan.
Dit lyk na suiwer nalatigheid aan die plaas bestuur se kant.
Sterkte aan die ouers.

Joann ·

Jammer oor die voorval,maar mens laat nie n kind onder jou oe uitgaan by so plek nie.

Stef ·

Stuur my ook asb die link waar daar meer informasie al bekend gemaak is want mense lewer komentaar en opinies op feite wat ek nerens in die berug lees nie. Sterkte aan die familie.

wilweet ·

Kan nie glo daar word berig met feitlik geen inliging geplaas nie. Baie swak. hou dan terug tot later!!!!

Debbie ·

Die seun is saam een van die werkers in die hok toe hy aangeval is die seun woon saam sy voog op Otavi, ‘n saak van strafbare mansslag is geopen teen die werker

Denise ·

Nou hoekom sal die mense van die wildplaas nou die kind toelaat in die hok en dit by n leeu nee dit klink nie reg nie ek soek meer inligting sal maar wag !!Baie hartseer as so iets gebeur maar n storie het 2 kante !!!!

Kaufman ·

Otavileeuplaas, die laaste ding om in so n krisistyd te doen is om die foon dood te druk. Kry onmiddelik n “public relations” spesialis om te help want julle weet duidelik niks van krisisbeheer nie.

Ruby ·

Kaufman, gaan jy die kostes dra?

Dit is nie krisisbeheer nie, dis net aanhoudende navrae. Gee die ondersoekbeampte tyd om sy werk te doen.

Kaufman ·

Hoef nie duur te wees nie. In n neutedop, sodra die kind oorgelaat is in goeie mediese sorg skuif die fokus na om die familie te ondersteun en dan die media. Wees heeltyd sigbaar, vat elke oproep van die familie en die media. As baie mense bel, verwys die publiek na die website of sosiale media waar die insident bevestig word en basiese info gegee word. Media en familie word moet met die bestuurder of eienaar self kan praat. Maak duidelik dat julle verstaan waarom dit gebeur het, dat julle verstaan wat fout gegaan het en dit onmiddelik sal aanspreek, en hou die publiek op hoogte wat jul doen om soortgelyke gevalle te voorkom, en hoe julle die familie ondersteun. Hang natuurlik van omstandighede af maar beslis is stilbly nie die regte pad nie.

Neil Biddulph ·

Jis dit is erg en om te dink dis my buurman se plaas, reg oorkant ons sit die leeu plaas

ekke ·

Ek stel voor jy bel jou buurman en sê hulle hanteer die media heeltemal verkeerd…hoe dom van die mense in beheer.

Bernuce ·

Nou kry die leeu die skuld vir iets wat in hom gebore is.

Denise ·

Ek vertaan nie wat jy Neil bedoel met dit is erg nie ? Die werker moet van beter geweet het dit is nalatig van hom gewees om die kind in die hok te vat hy werk sekerlik nie van gister op die wild plaas nie!!! My seun het sy been in n Auger verloor en al wat hulle vir my gese het jammer die ou wat toesig gehou het was n haarkapper voor hy die verantwoordelike werk gekry het as Voorman al het ek aan hulle verduidelik dit is growwenalatigheid gewees en onopgeleide mense wat ander se lewens verwoes en geen veiligheid opleiding het nie en nie die benul het hoe vinnig n Auger draai al sit jy dit net aan / af nie maar dit is afrika vir n werkgewer is jy net n nommer maklik vervangbaar . Without prejutice!!!!!

Karli ·

Wat gebeur het is tragies maar die storie is so die kind bly daar saam familie wat daar werksaam is die kind en ander werker is in die hok in om leeus te voer en dit word nie toegelaat nie die kos word gewoonlik oor hokke gegooi die res van die personeel het eers besef wat gebeur to hul geskree vir hulp hoor die seun is vinnig met ‘n voertuig uit hok verwyder maar is op die pad om ambulaans te ontmoet oorlede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.