Kind in die mond geskiet tydens KZN-waterbetogings

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Skoolseun is Vrydag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, met ʼn rubberkoeël in die mond geskiet toe hy in die middel van ʼn onderonsie tussen die polisie en ontstoke inwoners beland het.

Die inwoners betoog oor watertekorte.

Mazwi Ngubane, lid van Willowfontein Primary School se beheerliggaam, het verduidelik lede van die gemeenskap het die oggend begin saamdrom as deel van ʼn betoging, en van die leerders het by hulle aangesluit. “Die polisie het skielik met rubberkoeëls op hulle begin skiet en die persone het in verskillende rigtings verdaag. Ons het eers later ontdek ʼn seun is beseer,” het hy gesê.

Die seun, ongeveer agt jaar oud, was op pad huis toe nadat die skool gesluit het weens die voortslepende betogings.

Inwoners het hom na ʼn hospitaal geneem, maar sy toestand is nie dadelik bekend nie.

Kapt. Musa Ntombela, woordvoerder van die polisie, het die betogings bevestig, maar kon nie bevestig of iemand beseer of in hegtenis geneem is as gevolg van die betogings nie.

Dit is die derde betoging hierdie week oor ʼn tekort aan water in die gebied.

“Die laaste keer wat ons ʼn watertenkwa in die gebied gesien het, was Sondag,” het een van die inwoners gesê. “Hoe kan ons vyf dae lank sonder water oorleef? Kinders moet gebad word voor hulle skool toe gaan. Ons moet kan kook en wasgoed was.”

Msunduzi-munisipaliteit het die afgelope paar maande waterbeperkings ingestel kragtens die opdrag van die departement van waterwese en sanitasie. Maar inwoners van Imbali het gekla dat alhoewel ander gebiede in die munisipaliteit waterbeperkings het, hulle dae lank sonder water moet klaarkom.

Willowfontein is deel van Imbali, wes van Pietermaritzburg se middestad. Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, woon ook in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

Indien ons sou betoog sou ons as rede kon aanvoer dat dienste waarvoor betaal word uitgevoer moet word. Dinge het soveel verander dat betoog kan word as huise nie gratis uitgedeel word nie en as munisipale dienste nie gratis uitgevoer word nie word die winkelvesters van diegene wat wel daarvoor betaal, stukkend gegooi. Maar die ‘muntstuk(?) het ‘n ander kant ook; as daar nie muntstukke is om daarvoor te betaal nie bly dit steeds nodig. Daardie muntstuk het selfs ‘n 3rde kant; al kan betaling bekostig word sal dit nie betaal word nie want hul bure betaal nie daarvoor nie.

snoefie ·

betaal hulle munisipale dienste? is dit op datum? GEEN BETALING GEEN DIENSLEWERING. kinders wat moet bad ten spyt.

Gerd Lourens ·

Hulle betaal beslis nie, maar het die arrogansie om te betoog teen die gebrek aan dienste waarop hulle nie enige reg het nie.

Brand sommer ‘n paar skole ook af terwyl julle besig is!!!

Skandalige gemeenskap ·

Die kind se seer is al die pad die skuld van die gemeenskap wat so barbaars optree.

Marianne ·

DIE HELE LAND IS IN DROOGTE GEDOMPEL!!!!!
WAAROM BAKLEI DAAROOR – MENS KAN NIE GODNSE HANDEWERK VEROORDEEL OF BEVRAAGTEKEN NIE. HY SAL VIR ONS ALMAL WATER OP SY TYD GEE….
MENSE HET HUL GELOOF VERLOOR….

M A ·

Eeeew! Julle is darem ongenaakbaar. Iemand het erg seergekry as gevolg van volwassenes se onnoselheid. Hierdie gewoonte om oor alles en nog wat te toi toi moet regtig aandag kry, aan die ander kant.

M A ·

O, en terloops, my boorgat het 8 weke gelede al opgedroog. Ek ry elke dag water aan en bad in n emmer. Geen water tenkwa vir ons nie. Moet maar wag vir reën.

CHRISTA ·

Ons is al vir meer as twee jaar in droogte gedompel, maar hulle glo dit mos nie want as hulle ‘n kraan oopdraai is daar water!!! NOU JA: Uiteindelik droog KRAANWATER ook op. Hulle moet net hulle nekke verder rek dan sal hulle sien ons land se DAMME is ook opgedroog!!!

Pik ·

Wat soek die kind daar sy ouers behoort voorbeeld te wees en kinders moet gesien word nie gehoor word

E ·

As die regering opgaardamme gebou het, het ons nie nou met hierdie probleem gesit nie.Die weerburo sit mos met jarelange weerpatrone in hul archives. Kan hulle dan nie beplan vir die dag van môre nie?

Wouter ·

Ek stem saam Pik. Dis jammer n kind moes seerkry maar wat soek hy daar. Pleks hy by die huis of skool bly en leer.

KarooKlong ·

“en van die leerders het by hulle aangesluit”
Willowfontein Primary School – laerskool kinders dan nie?

Pik en Wouter, julle vraag is geregverdig.

Hoekom het skool nie gesorg ·

Het dit al by van julle opgekom dat die ouers dalk werk hkm het die skool nie toegesien dat kinders wat nie deur ouers of vervoer opgetel is veilig bly nie daai kind is 8 ongeag kleur of ras geen kind verdien dit nie Skaam julle julle nie dis hkm dinge in ons land nie verbeter nie want als gaan mos altyd oor Ras en hoe weet julle hulle betaal nie het julle dalk die rekenings gesien want ek kan nou vir julle se da is baie blankes wat ook nie betaal nie ek Skaam my vir julle ek is n ma en kan net dink wat sy ouers moet deurgaan !!!

Dries ·

Die barbaarse betoging was nie op die skoolgronde nie. Die kind het uit vrye wil swam ge williewerkiewals

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.