Kind in hittige son in kar gelos; ouers gewaarsku

Foto: Pixabay

Nooddienste het dié naweek ʼn waarskuwing aan ouers landwyd gerig om nié hul kinders of troeteldiere in die motor te los wanneer hulle inkopies doen nie.

Dit volg nadat paramedici Saterdag na ʼn kleinhandelsentrum in Roodepoort in Gauteng ontbied is nadat ʼn driejarige kind in die hittige son gelos is terwyl die ouers vir sowat een uur in die sentrum was.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê ʼn paramedikus wat glo van diens af was, het die kind in die motor hoor huil en toe die nooddienste en die polisie na die toneel ontbied.

“Die motor was baie warm binne wat veroorsaak het dat die kind uitermatig sweet weens die hitte en daarom ook begin huil het. Paramedici het die driejarige ondersoek en hom aan sy ouers terugbesorg,” sê hy.

Volgens Vermaak het die ouers aan die polisie gesê dat hulle die kind binne die motor gelos het omdat hy geslaap het met hul aankoms by die sentrum.

“Kinders se liggaamsoppervlak verskil aansienlik van dié van volwassenes. Hul liggaamsregulering is nie so doeltreffend soos ʼn gesonde volwassene sʼn nie. Kinders kan baie skade ly wanneer hulle in ʼn warm motor gelos word wat onder meer breinskade kan insluit. Uitermatige hitte kan selfs ʼn beroerte of hitte-uitputting veroorsaak wat eindelik tot die dood kan lei.”

Vermaak sê ouers moet onthou dat ʼn motor “soos ʼn oond word” wanneer dit in direkte sonlig staan.

Nooddienste waarsku teen die volgende:

  • Ouers moet hul kinders of troeteldiere in geen omstandighede in ʼn motor los nie – selfs nie al is ʼn venster oop nie.
  • Maak seker dat jou kinders uit die motor is en nié per ongeluk aan die slaap geraak het nie voordat jy die motor verlaat.
  • As jy ʼn kind in ʼn voertuig sien, probeer onmiddellik die ouers of die eienaar van die voertuig opspoor of nader die polisie by 10111 en die nooddienste by 084124.
  • Kinders wat ʼn tyd lank in ʼn motor vasgekeer was, moet deur mediese kenners ondersoek word om te kyk of daar enige tekens van hitte-uitputting of ʼn beroerte is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Annie

Hierdie tipe goed maak my briesend!!! Ek het 5 kleinseuns (tussen 7maande en 10 jaar), en menigmale moet ek met almal dorp toe gaan. Al slaap hulle sit ek hulle in ñ trollie of maak hulle wakker, maar hulle sal nie in die kar vir my sit en wag nie. In die eerste plek is dit gevaarlik in vandag se dae tov skelm en tweedens die onsaglike hitte. Mense is onverantwoordelik met dit waarmee God ons vertrou.

Liefie

Ek kan verstaan as kinders op pad na n sentrum aan die slaap raak. Ek het self drie kinders. Wat my verstand te bowe gaan ia hoekom een van die ouers nie by hom in die kar kon sit met die verkoeler aan totdat hy klaar geslaap het nie. Dit is vir my verstommend hoe “ouers” aan mekaar vas geplak is en altwee in die sentrum MOES ingaan en die arme klein ding in die kar alleen los. Hulle verskoning is alles behalwe aanvaarbaar. Net soos wat n verskoning is oor n troeteldier in die kar as jy weet jy… Lees meer »

Chris Ws

Weet mense met kleintjies wat word bedoel word met “hitte uitputting” ? Dit vind plaas waneer jou brein letterlik kook.Sou mens dit opdoen en bly leef is jy dus ‘n koolkop vir die res van jou lewe.

Ingrid

Hoe los mens n 3 jarige kind alleen in n kar?

Louis lebRoux

Sluit hulle summier op