Kind kritiek nadat hy byna verdrink

Argieffoto

ʼn Tweejarige seuntjie is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Saterdag byna in ʼn swembad by ʼn huis in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, verdink het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 13:30 na die huis in Scottsville ontbied.

“Volgens inligting van die toneel het die seuntjie vermis geraak. Sy ouers het na hom gaan soek en hom aangetref waar hy in die swembad dryf,” het hy gesê.

Die kind is dadelik uit die water gehaal en familielede het noodhulp op hom toegepas totdat paramedici opgedaag en by hulle oorgeneem het.

“Paramedici het ʼn hartmonitor aan die seun gekoppel en gesien sy hart klop. Hy is aan ʼn ventilator gekoppel en daar is volgehou met noodhulp totdat hy gestabiliseer is.”

Die seun is na ʼn hospitaal gehaas waar dokters en personeel reggestaan het om hom verder te behandel.

Volgens ʼn paramedikus wat op die toneel was, is die seun se lewe gered deur die familielede se kennis van effektiewe noodhulp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fly on the wall ·

Amen!
En hoop die ouers kom nou tot hul besinne en maak die swembad toe!!!

Alida ·

WAAR IS DIE NET! Die ding behoort op te wees magtig dis winter. Is daar n heining!

Pieter ·

Ek kan nie glo dat dit nog gebeur as n net sowat R3500 kos nie. Sterkte.

Jan Nel ·

Ek dink dit word nou hoogtyd dat daar wetgewing ingestel word, met minimum vereistes waaraan ‘n swembad moet voldoen (soos bv heining en of nette). ‘n Lisensie wat hernubaar op inspeksie is, moet deur elke munisipaliteit uitgereik word, voordat jy ‘n sembad mag aanhou.

Die redenasie van “ons het nie kinders in ons huis nie” hou (letterlik) nie water nie. Net soos jy nie maar net ‘n vuurwapen onbewaak in jou huis kan los, al is daar nie ander mense of kinders nie, net so is ‘n swembad ‘n gevaarlike objek wat “soos ‘n vuurwapen in ‘n kluis beveilig” behoort te word as jy nie daar is nie.

Mariëtte ·

Sover ek weet is daar wetgewing rondom swembaddens. Maar selfs sonder wetgewing behoort swembaddens toe te wees as jy kinders het! Maak my briesend as mense so onverantwoordelik is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.