Kind kritiek, nog 2 beseer in botsing

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, en twee jong kinders is Donderdagmiddag beseer in ʼn botsing op die R565 tussen Rustenburg en Ledig.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van verskillende ambulansdienste het omstreeks 17:30 op die toneel aangekom. Daar het hulle ʼn kind in ʼn kritieke toestand aangetref wat op die toneel gestabiliseer is voordat die kind na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

Nog ʼn kind wat matige beserings opgedoen het, is ook na ʼn hospitaal gehaas.

Volgens Siddall het die man slegs geringe beserings opgedoen en is hy deur ander ambulansdienste van die toneel af vervoer.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

thelsa ·

Ai, ai ai. Dieselfde storie. Ek sien wit sperstrepe en ‘n ongeluk. Ek wonder maar

Annelize ·

Dit lyk vir my na ‘n U-draai wat skeef geloop het as ek so na die voertuie se skade kyk, en waar die skade is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.