ʼn Tweejarige is in ʼn kritieke toestand nadat hy Donderdagmiddag uit ʼn winkelwaentjie in KwaZulu-Natal geval het.
“Die kind en sy maatjies het glo met die waentjie gespeel toe hy uitgeval en kop eerste op die grond beland het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die voorval het omstreeks 17:00 in Shakas Head plaasgevind.”
Paramedici het die kind in ʼn kritieke toestand aangetref en hom na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.