Kind onder vier wat op N6 in Vrystaat sterf

Vier mense het in die ongeluk op die N6 in die Vrystaat gesterf. (Foto: VRMED)

ʼn Kind is onder die vier slagoffers wat Dinsdag in ʼn gru-ongeluk op die N6 buite Bloemfontein dood is.

Luidens ʼn verklaring van die nooddiens VRMED, was twee voertuie laatoggend in die ongeluk in die rigting van Reddersburg betrokke.

“Paramedici van VRMED het ʼn man, ʼn vrou en ʼn kind vasgekeer in ʼn bakkie aangetref, maar hulle het ongelukkig reeds aan hul beserings beswyk.

“Die bestuurder van die ander voertuig het ook reeds gesterf.”

Nooddienswerkers van die Mangaung-nooddiens het spesialistoerusting ingespan om die slagoffers uit die voertuigwrakke te bevry.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.