Die vrou wat haar kleuterseuntjie verlede jaar langs die N1-snelweg gelos het, is in die Vereeniging-landdroshof gevonnis, het ʼn hofbeampte Donderdag gesê.
Valencia Ngobeni, nou 20 jaar oud, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, wat in sy geheel opgeskort is, en drie jaar korrektiewe toesig. Sy is reeds Maandag gevonnis, en nie Donderdag soos vroeër berig is nie.
Ngobeni is op 5 April 2014 in hegtenis geneem nadat haar 16 maande oue seuntjie op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit gestap het. Hy het ʼn noue ontkoming met ʼn vragmotor gehad. Ngobeni, wat in daardie stadium 19 jaar oud was, het skuldig gepleit op aanklag van kinderverwaarlosing en poging tot moord. Sy is in Julie skuldig bevind.
Lees alle vorige berigte oor die Grasmere-saak op Maroela Media.
Die vonnis is ‘n absolute grap. Hierdie “slap on the wrist” vonnisse is ‘n hoof-bydraende faktor vir die siek samelewing waarin ons verkeer. Wie sal afgeskrik word hierdeur? En die blanke wat die k-woord gebruik het kry ‘n enorme boete – daar is baie groot fout in die regstelsel.
Dan, watter vonnis moet mense kry wat hul kindertjies op die sitplek van ‘n bewegende kar laat staan?
Baie goeie vraag daardie Neptunus. Ek moet tot my skaamte erken dat ek dit ook al gedoen/toegelaat het. Tot ek skielik moes rem…gelukkig het hy darm net sy lip teen die paneelbord stukkend gestamp. Van daar af STRAP hy, of hy nou daarvan hou of nie.