Kind se erg-ontbinde liggaam gevind

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van ʼn kleuter wat Maandag in die Oos-Kaap opgespoor is, was so erg ontbind dat daar nie genoeg DNS-bewyse was om die kind se identiteit of oorsaak van dood te bepaal nie.

Ao. Elmarie Lötz, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê speurders van die Kookhuis-polisiestasie het Donderdag die lykskouing van die kind bygewoon. Die kind se liggaam is Maandag omstreeks 16:00 naby die Bhongweni-informele nedersetting in Kookhuis opgespoor.

Leanne Adams

Leanne Adams

“Die lykskouing is gedoen om die kind se identiteit en moontlike oorsaak van dood te bepaal, maar ongelukkig was die liggaam te erg ontbind en is die uitslae dus onbepaald,” het Lötz gesê.

Lötz het gesê die polisie glo egter die liggaam is dié van Leanne Adams (3) wat op 9 Mei as vermis aangemeld is. Leanne was in pleegsorg aangesien albei haar ouers oorlede is. “Die polisie kon slegs die twee sake verbind weens die klere wat die kleuter aangehad het.”

Weens die DNS-toetse wat onbeslis is, kan die polisie egter nie bevestig of die liggaam dié van Leanne is nie, maar alle ander bewyse dui op die moontlikheid dat dit sy is.

Die polisie vermoed vuilspel. Ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karwats ·

Het die berigskrywer ‘n idee wat DNS toetse is? Uit die stelling “dat daar nie genoeg DNS-bewyse was om die kind se identiteit of oorsaak van dood te bepaal nie” is dit duidelik hy verstaan nie. Verskeie forensiese toetse (wat DNS toetse insluit) word gebruik om identiteit en oorsaak van dood te bepaal. DNS kan nie gebruik word om die oorsaak van die sterfte te bepaal nie. As daar nie genoeg van die liggaam oorgebly het om DNS toetse te doen nie, hoe weet hulle dit was ‘n liggaam? Slegs ‘n paar selle is genoeg vir DNS toetse. Jy kan daarmee sy identiteit bepaal indien jy sy ouers of direkte familie se DNS het. Swak beriggewing.

Theresa ·

Hel die mense op hierdie aarde is darem siek. Mag die Vader ons help!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.