Kind se liggaam in strandmeer gevind

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en polisieduikers het Sondag die liggaam van ʼn negejarige seun uit die St Michaels-strandmeer in KwaZulu-Natal gehaal.

Die kind het glo die vorige aand verdwyn.

“Die polisie se soektog die vorige aand het nie enigiets opgelewer nie,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. “Die kind se liggaam is Sondagoggend gevind.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kwaaitjie ·

Ag nee, dis die hoeveelste kindjie die vakansie. Dit is vreeslik! Sterkte aan die familie.

Bekommerd ·

Dis meerendeels agv kinders wat sonder behoorlike toesig swem. My kinders is al groot (17 en 20) en hulle gaan steeds nie alleen in die see of mere nie. Ek het tydens ons vakansie gesien hoeveel klein kinders swem alleen

DPJ ·

Ons binnelander wat nie die see ken nie moet maar baie versjgtig wees vir die see. Neem iemand saam wat die toestande ken.
Sterkte met die verwerking van verlies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.