Kind se lyk in dam 220 km van ouerhuis gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 11-jarige seun is in die Blydedam naby Hoedspruit in Limpopo gevind, sowat 220 km vanwaar hy verlede week vermis geraak het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die seun het op 23 September spoorloos uit Westenburg, Polokwane, verdwyn.

“Sy liggaam is die volgende dag in die dam gevind deur lede van die publiek wat daar op ʼn boot gery het,” het Otto gesê. “In daardie stadium was die kind se identiteit nie bekend nie en niemand in die omgewing het ʼn vermiste kind aangemeld nie.”

Beamptes van die Westenburg-polisie is met verdere ondersoek meegedeel van die onbekende seun wat in die dam gevind is.

“Die polisie is Dinsdagoggend saam met die seun se ouers na die lykshuis by die Namakgale-hospitaal [naby Phalaborwa], waar hulle hul seun uitgeken het.”

Die seun het ʼn oop wond aan sy nek gehad. ʼn Nadoodse ondersoek moet nog gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Niemand is nog in verband met die seun se dood in hegtenis geneem nie.

“ʼn Ervare span speurders ondersoek die omstandighede van sy verdwyning en daaropvolgende dood,” het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Terwyl misdaadstatistieke bekend gemaak word duur die moord en doodslag onverpoosd voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.