Kind se ontbinde lyk in Lenasia gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die ontbinde liggaam van ‘n kind is Dinsdagaand in Lenasia, suid van Johannesburg, gevind.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê ‘n persoon het by ‘n informele nedersetting naby Lenasia verbygestap en hare tussen klippe sien uitsteek. Die persoon het gesien dis ‘n liggaam en het die polisie ontbied.

Makhubela sê die liggaam is erg ontbind en dat daar nog nie vasgestel is of dit die liggaam van ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie is nie.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PURE BOER ·

Bring terug die “DOOD STRAF” As my meisiekind vermoor moet word verloor ek alles en sal ek dan ook maak soos ek wil. Sal dan alle Verkragters en Moordenaars moor. Skelms sal hul hande kwuit wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.