Kind se verbrande lyk in Reigerpark gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die gedeeltelik verbrande lyk van ‘n kind is op ‘n mynhoop in Reigerpark in Boksburg aan die Oos-Rand gevind.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, sê die liggaam is Saterdag gevind.

“Die liggaam is deur ‘n verbyganger gevind en die polisie is ontbied. Ons is nou in die proses om die liggaam te identifiseer en die oorsaak van die kind se dood te probeer vasstel.”

Kweza sê die polisie soek intussen steeds na ‘n 25-jarige man wat hulle moontlik kan bystaan in die ondersoek na die verdwyning van die driejarige Cuburne van Wyk.

Cuburne is glo Woensdag ontvoer terwyl hy omstreeks 16:00 buite sy ouerhuis in die Ramaphosa-informele nedersetting gespeel het.

Sy ouers het hom Donderdag as vermis aangemeld. Cuburne het ʼn blou sweetpakbroek met geel strepe op aangehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anneline ·

Ai tog wanneer gaan dit einde kry? As die 25jaarige gevind word, gee hom vir die Reigerpark gemeente sou ek se!

Ronel ·

Dit sal nooit gebeur Anneline vandag word moordenaars…verkragters ens beter beskerm as die wat tena gekom word

Hester ·

Ek wonder vir wat se moontlike rede het die man die klein seuntjie vermoor?
Regtig waar, ek weet nie wat gaan aan nie, maar ek stem saam gee hom vir Reigerpark se
gemeenskap!

Marlene ·

Anneline vandag word die verkragters moordenaars soos konings behandel in die tronk. As hulle moor kry hulle miskiien 16jaar en dan stap hulle daar uit geleerd en maar glo my hulle doen dit weer en weer.Verkragtig kry hulle bail en stap uit met n vonnis van 6 jaar opgeskort vir 10. Ek voel bring die doodstraf terug maar hulle sal nie want hulle mense sal aan die galg sterf , Ek het al die jare in Freeway Park gebly en het 14 jaar terug KZN toe getrek en ons het nie sulke dinge gehad nie. Ons het altyd verby Reiger Park gery. Maar toe kom die plakkers wat oorkant Reiger Park begin plak het en toe het die nonsense begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.