Kind sterf by skool ná stormwaterpyp oor hom rol

Argieffoto van skoolgronde ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Oos-Kaapse polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn stormwaterpyp van sement Woensdag oor ʼn graadtwee-leerder by ʼn skool in Port Elizabeth gerol het. Die kind is deur die pyp verbrysel.

AO Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê ses leerders het vandag gedurende tweede pouse op twee stormwaterpype op die skoolterrein van die Astra Primary School in die noordelike gebied van die stad gespeel toe die voorval plaasgevind het.

Klein Luhovan Potgieter (8) het op een van die stormwaterpype gestaan toe hy per ongeluk van die pyp afgeval en die pyp bo-oor hom gerol het.

Een van die onderwysers het hom na die personeelkamer gedra waarna ʼn ambulans na die skool ontbied is. Paramedici het egter met hul aankoms by die skool die kind dood verklaar.

ʼn Voorlopige ondersoek toon dat die kind beserings aan sy kop en bors opgedoen het toe die pyp oor hom gerol het, verduidelik Labans.

Hoewel sekere dele van die skool tans onder konstruksie is, verseker Labans dat die stormwaterpype nie naby dié gebiede lê nie. Die pype lê op die skoolterrein waar leerders speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sandy Botha ·

Neeeeeeeeee!!!!!!!! Ag liewe genade tog. Hoe verskriklik hartseer. Dink aan die ouers ????

Kokkie ·

Ai, hoe verskriklik tragies. My hart gaan uit na die outjie se ouers, sy onderwysers en sy maatjies. Mag die Here hulle vertroos in hierdie smartlike tyd.

Renier ·

Ek het altyd gedink dat veiligheidsmaatreëls in Australië ten opsigte van konstruksie ‘n bietjie oordrewe is. In Suid-Afrika is die teenoorgestelde waar. Absolute laksheid as dit kom by veilige werkspraktyke!

Kobie Welgemoed ·

Wat ‘n tragedie. Ek is so jammer vir die familie. Hoekom is daar nie gekyk na kinders se veiligheid nie? Daar werk nie net een persoon by ‘n skool nie. Niemand sien dat daar ‘n gevaarlike plek is by die skool gronde nie.

Regs! ·

Die hoof en personeel wat op terrein diens was sal aangekla moet word. Dit is hulle plig om toe te sien dat leerders veilig is onder hulle toesig!

Geskok ·

Fratsongeluk se voet! Dit kon verhoed gewees het deur die pyp weg te hou van die speelterrein. Daars veronderstel om onderwysers op die speelgronde te wees vir toesig. Hy was 8 jaar oud, wat het hy geweet van gevaar??
Jammer maar skool sit hier met n hengse saak op hul hande.
So so jammer vir die families!!

Wilna Scholtz ·

My man het n konstruksie maatskappy besit en ek kan getuig dit was nie altyd so nie. Van ANC aan bewind is wat dit so gaan. Regulasies is daar, maar word nie gevolg nie en daar is ook nie gevolge nie.

Dorothy ·

Stopblokke word gewoonlik onder sulke pype gesit om te keer dat dit nie rol nie. (‘n veiligheid vereiste)

jk ·

Was daar nie ‘n ander veilige plek by die skool om die pype neer te sit nie? hoekom op a speelterrein?

Nee regtig!! ·

Dis is defnitief die skool en toesighouers se skuld… hoekom was die pype nie by die konstruksie area nie… maar op die speelterein!! Dis mos nou moeilikehid soek!! Enige normale kind sal op die goed speel… en nie dink dis gevaarlik nie!! Nee die ouers moet die saak verder vat.. ek sal hulle ry tot by daantjie in die kalwerhok as dit my kind was!! Dink net daardie verskriklike vrees wat deur die seuntjie se gedate moes gaan toe hy agterkom hy sit vas en die pyp kom!!

Simpatie ·

Sulke pype is by baie skole deel van die klein kinders se speelterrein. Hulle speel te lekker daarin, kruip deur en balanseer op dit, maar dit moet sekuur staan.
Al my simpatie aan alle betrokkenes. So iets is ‘n absolute nagmerrie vir die skool en veral die hoof. So jammer. Mooie ou seuntjie.

A Klaassen ·

Volwassenes is veronderstel om op die gevare te let en seker te maak alles is veilig waar kinders speel. Dis al of mense nie meer dink nie. So jammer vir die kind se ouers.

Elize C ·

‘n Kind sal altyd op iets klouter, dis wat hulle doen. My dogter het gedurende haar Gr i jaar op die ‘geut’ geklouter wat op die sportgronde gebruik word om die gewigstoot-balle terug te rol. Op die bopunt maak die ‘geut’ ‘n skerp punt waar die yster-staaf eindig. Sy het met die skuins ‘geut’ opgeklim en daar heelbo het haar voetjie gegly en die skerp punt het aan die binnekant van haar bobeen ingesteek en ‘n hele stuk vlees uitgeruk tot op die been. Dit kon haar baie erger beseer het op baie meer sensitiewe plekke. Sy het tot vandag (20 jaar later) ‘n winkelhaak-letsel van ongeveer 5cm. ‘n Ouer/onderwyser kan maar waarsku en selfs dreig soos hulle wil, ‘n kind SAL klim, want hulle besef nie die gevaar nie, dis vir hulle opwindende speelplek om te klim en klouter. Die tipe goed moet in die 1ste plek glad nie naby enige kinder-speelplek van enige aard wees nie, dit moet weg gebêre word sodra daar die moontlikheid is dat daar ‘n tydperk gaan wees waar daar nie direkte verantwoordelike toesig is nie. In my geval : die “geut” moes in die stoorkamer van die skool toegesluit geword het sodra die sport-kinders dit klaar gebruik het – natuurlik te veel moeite elke dag – en hierdie stormwaterpype moes glad nie op ‘n skoolterrein gelaat geword het om eers op ‘n ander dag te gebruik nie.

JL ·

Almal wat die skool so oordeel. Ek is n Gr 2 onderwyser en julle het geen idee wat by skole aan gaan vandag nie…wie sê die kinders is nie dalk gewaarsku dat hulle nie daar mag speel nie? Daar word nie gese in die artikel dat dit tydens pouse gebeur het nie…dit kon na skool gebeur het, terwyl die kind vir sy ouers gewag het….en vandag se kindertjies sal vir jou wys hulle sal Nie luister nie en elk geval gaan speel waar hulle NIE mag nie…ek sal eerder die konstruksie maatskappy blameer as alewig die onderwysers.

Lees mooi ·

Daar word wel genoem “tydens tweede pouse” skuus ek gaan meskien bietjie aanvatend aankom, glad nie my bedoeling .

Sterkte aan die famielie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.