Kind sterf in bed ná taxi deur huis ploeg

'n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

ʼn 10-jarige kind is dood en twee is beseer toe ʼn minibustaxi Woensdag deur ʼn huis se muur in KwaZulu-Natal geploeg het.

Volgens die KwaZulu-Natalse polisie het die bestuurder van die taxi omstreeks 06:00 beheer oor die voertuig verloor, waarna dit in ʼn huis in Burlington, Shallcross, ingeploeg het.

“Drie kinders was tydens die botsing nog in hul bed aan’t slaap. Die trefslag van die botsing het veroorsaak dat die huismuur op hulle geval het,” het die polisie gesê.

Die 10-jarige kind is op die toneel dood. Die ander kinders, onderskeidelik 12 en 14 jaar oud, het beserings opgedoen en is na die RK Khan-hospitaal geneem vir behandeling.

Die bestuurder van die taxi het van die toneel af weggehardloop en is steeds soek.

Die Chatsworth-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GES ·

Die lafaard. Hardloop weg as hy oortreë het. Dit is skokkend om te sien hoe min respek die taxiebestuurders vir padreëls het.

Kobus ·

Die afgelope ruk net ongelukke in KwaZul-Natal deur taxis….erns baie groot fout….

Sarie ·

Die drie berigte oor kinders, (waarby kinders betrokke was), laat my bekommerd oor die veiligheid van ons kinders… Èk het gedink kinders op daardie ouderdom is mos al mooi groot & het “dank die Vader “, niè meer èlke minuut vd dag of nag toesig nodig nie; maar dit lyk my dis àlles behalwe die geval. Pas tog maar jou kinders soos goud op; hulle is nêrens heeltemaal veilig nie…

Theresa ·

Taxis, busse, trokke. Hertoets en verban/skors permanent enige een wat nie slaag nie. Neutrale toetsbeamptes. Skandalig. Spoed en weet nie wat om dan te doen nie – seker daarvan dis 90% die oorsaak van al die ongelukke wat die openbare voertuige veroorsaak. Mense met respek vir reëls en ander mense se lewens moet aangestel word agter hierdie voertuie se stuurwiele. Hardloop maar – die pad eindig vir jou ook.

stefan ·

Kinders of goeie jongmense is nerens meer veilig nie. Kyk nou weer die Matie student wat vermoor is .

CQ ·

Ons kinders is nie eens meer veilig in hul bedjies nie….
Taxis jaag nou al deur huise se mure!
….want GEEN padreel tel vir GEEN taxi
#TaxiAboveTheLaw

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.