Kind sterf in N3-botsing

Argieffoto

Argieffoto

‘n Kind is Saterdagoggend dood na ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n motor in Van Reenenspas op die N3 in KwaZulu-Natal.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê die kind was glo sewe jaar oud.

Hy sê nog ‘n kind en twee volwassenes is op die toneel behandel voor hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.