Kind sterf toe busdrywer ‘beheer verloor’; een ernstig beseer

Argieffoto

Een kind is dood en nog ʼn kind ernstig beseer nadat ʼn busbestuurder Vrydag beheer verloor het oor ʼn bus in Porterville in die Wes-Kaap.

Kenny Africa, provinsiale hoof van die Wes-Kaapse verkeersowerhede, sê die ongeluk het omstreeks 11:00 op ʼn openbare grondpad naby die Tierkloofplaas in die provinsie plaasgevind.

Volgens Africa was die erg beseerde kind in die bus vasgekeer, maar reddingsdienste het glo daarin geslaag om die kind uit die bus te bevry en te stabiliseer voordat hy na die hospitaal vervoer is.

Nog twee kinders en die bestuurder van die bus het beserings vrygespring.

Volgens Africa is die ouderdom van die kinders nog nie bekend nie.

Pogings om meer inligting oor die voorval te bekom het teen Vrydagaand nié geslaag nie. ʼn Ondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.