Kind sterf toe ‘kapers’ van polisie vlug

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Hoëspoed-jaagtog tussen polisiebeamptes en vermeende kapers in Durban het tragies geëindig toe die verdagtes glo ʼn kind wat langs die pad gestaan het, doodgery het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse polisie, het gesê ʼn motoris is Vrydag omstreeks 16:45 in Kenville deur drie gewapende aanvallers genader terwyl hy langs die pad in sy motor gesit het. Die verdagtes het die man van twee selfone en sy skootrekenaar beroof voordat hulle in sy Kia Rio-voertuig gevlug het. ʼn Saak van motorkaping is by die Greenwood-polisiestasie aanhangig gemaak.

“Omstreeks 19:00 daardie aand het lede van die blitspatrollie saam met beamptes van die opsporingsmaatskappy die motor in die Tafuleni-gebied gewaar en agternagesit,” het Zwane gesê. “Die verdagtes het weggejaag en in die ry op die polisiebeamptes geskiet. Die beamptes het teruggeskiet.”

Volgens Zwane het die bestuurder van die gekaapte motor vermoedelik beheer verloor en in ʼn groep kinders ingejaag wat langs die pad gestaan het. Een van die kinders is op die toneel dood, terwyl ʼn tweede kind na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling. Die ouderdom van die kinders is nie bekend nie.

“Twee verdagtes, een met ʼn skietwond, is op die toneel in hegtenis geneem,” het Zwane gesê. Die gewonde verdagte is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

Aanklagte van poging tot moord, die besit van gesteelde goedere en strafbare manslag is aanhangig gemaak. Die eerste verdagte, wat 18 jaar oud is, het reeds vandag in die Durban-landdroshof verskyn. Die tweede verdagte sal verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hendrik ·

Ek hoop hulle sluit hulle vir ewig toe, née, gee hom vir die gemeenskap om hom te straf

Grap ·

Die oomblik toe hy weggejaag het het hy geweet hy kan iemand doodmaak…..ek het nooit geglo die DA sal Pretoria en Johannesburg wen nie wie weet dalk eendag word die doodstraf heringestel vir hierdie tipe kriminele.

Pastoor ·

As ek so deur die land se browes 18760 moorde per jaar. Kinders word dood gery. Verloor hande. Verkragtig. Rooftogte. Mense hier is geen orde nie. Nerens is dit veilig nie. Wees gerreed jy weet nie wanneer jou nommer getrek word nie

Popeye ·

Willer as die Wille Weste. Dit wat gebeur raak net al hoe meer ongelooflik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.