Kind sterf tydens gewelddadige betogings

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn 16-jarige tienerseun het Maandag tydens betogings in Taung in Noordwes gesterf.

Die omstandighede rondom die seun se dood word deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het aan Maroela Media gesê hul ondersoekspanne is na die toneel ontbied om ondersoek in te stel na die voorval.

“Daar is in dié stadium baie min inligting oor die voorval beskikbaar, maar ek kan bevestig ons ondersoek die omstandighede. In dié stadium is daar net die bewerings dat hy tydens ʼn skietgeveg deur die polisie doodgeskiet is,” het Dlamini gesê.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van moord word ondersoek.

Noordwes gaan die afgelope week gebuk onder gewelddadige protesaksie, met talle betogers wat eis dat Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, afgedank word of bedank. Die betogings gaan gepaard met geweld, plundering en die vernietiging van eiendom.

Maroela Media het vroeër berig bedrywighede in Mahikeng is verlede week heeltemal tot stilstand gedwing nadat betogers die strate ingevaar, voertuie aan die brand gesteek, paaie afgesper, geboue beskadig en winkels geplunder het. Die geweld het tot só ʼn mate opgevlam dat pres. Cyril Ramaphosa sy besoek aan die Verenigde Koninkryk, wat deel vorm van die presidensie se buitelandse beleggingsveldtog, kortgeknip het om hom terug na Suid-Afrika te haas en met leiers in Noordwes te vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mollie ·

Tragies dat n kind se lewe so vroeg tot n einde kom, maar…hoekom was die kind nie in die skool nie?

Hanna ·

Die gepeupel wil van Supra ontslae raak. In enige beskaafde land sou hierdie persoon, en moontlik sy naaste familie en vriende, onder skoot kom. Maar nie in Suid-Afrika nie! O nee, buitelanders, motoriste, staatsgeboue en so meer word aangeval en verwoes. Hoekom? Want “ons” is kwaad vir mnr Supra… Nou plunder ons al ons skaars hulpbronne en sommer onskuldige mense ook. Maak seker sin in Afrika…

Kay ·

Arme kind, om so tragies te sterf terwyl hy heel onskuldig protesteer, plunder, verbrand, en aandring.
Waarom moet die protesoptogte altyd geweldadig opeindig? Dan is almal wat seerkry mos kwansuis onskuldig. Asb, mense, by all means, protest, maar gedra julle

Neewat ·

Nog ‘n HECTOR PETERSON, daar gaan seker weer vir hom ‘n monument opgerig word … die ‘tieners’ is die voorlopers en die moeilikheidmakers . die volwassenes hou die KINDERS voor dat hulle eerste iets oorkom dan skreeu hulle rassisme en diskriminasie en moord . hulle OFFER basies hulle kinders op om doodgeskiet te word SODAT DIE MEDIA hulle aandag kan gee … Hoekom is dit vir al julle mense so TRAGIES? IS die moord en verkragting van BOEREKINDERS wat in hulle BEDJIES le en slaap nie MEER TRAGIES NIe?? HIERDIE kinders is DEEL van die geweld wat heel voor klip gooi en tyres brand, maar die onskuldige babatjie in sy bed op die PLAAS WAT WREED verkrag en vermoor word se PLEIDOOIE word doodgedruk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.