Kind uit see gered by Plet

’n Agtjarige dogtertjie is Donderdag uit die see by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap gered. (Foto: NSRI)

’n Agtjarige dogtertjie is Donderdag uit die see by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap gered. Die voorval het op die Robberg-strand naby die Beacon Island Hotel plaasgevind.

Die kind het glo in die moeilikheid beland nadat ʼn stroom haar meegesleur het. Verskeie omstanders, onder wie ʼn tienerseun, het gepoog om die dogtertjie te help.

Deon Victor, ʼn reddingswemmer by die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), is kort na 14:30 na die toneel ontbied.

“By sy aankoms op die toneel was minstens sewe mense in die water.

“ʼn 17-jarige seun het gehelp deur haar kop bo die diep water en golwe te hou. In dié stadium was die meisie se ma, wat ook in die water gegaan het om te probeer help, op die strand,” het die NSRI in ’n verklaring gesê.

Victor het na die seun en dogtertjie geswem en daarin geslaag om haar veilig uit die water te red.

“Nooddienswerkers van Med-Life het die kind op die toneel behandel en in ʼn bestendige toestand na die hospitaal vervoer.

“Sy is sedertdien ontslaan en is gesond.”

Die tienerseun is ook veilig en deur die NSRI vir sy dapperheid geloof. Die instituut het ook ander omstanders wat probeer help het bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
miavos

Ek is so bly die dogtertjie is veilig, en ek hoop die seun wat haar kop bo water gehou het kry strome van seëninge.

JM

Bravo vir die 17-jarige seun, hy het haar lewe gered!

Sarel

Mens kan seker waarsku dat mense, veral Binnelanders nie die See moet onderskat nie. Dankbasr sy en die Seun is veilig ..

Jack

Die seun se probeer was toe nie n probeer nie maar wel n suksesvolle handeling.

Swerwer

Jy is ‘n held, jong man! Dankie Hemelse Vader dat die dogtertjie veilig is.