Kind verdrink by gewilde vakansieoord

ATKV-Natalia (Foto: natalia.co.za)

ʼn Kind het Vrydagaand by die gewilde ATKV-Natalia-vakansieoord in Kingsburgh, KwaZulu-Natal, verdrink.

Reinard du Plessis, bemarkingsbestuurder van die ATKV, het die voorval Saterdag aan Maroela Media bevestig. Hy het sy meegevoel betuig met die familie. “Dit is baie hartseer as só iets gebeur, boonop nog aan die begin van die vakansie.”

Du Plessis het gesê alle inligting tot hulle beskikking is aan die polisie oorhandig en die gaste en personeel, het beëdigde verklaring by die polisie ingedien. ʼn Nadoodse ondersoek sal ook gedoen word.

Hy kon egter nie enige inligting oor die slagoffer bekendmaak nie, omdat familie van die persoon nog in kennis gestel moet word. Maroela verneem dit was ʼn 11-jarige kind wat in die swembad verdrink het.

“Daar was omstanders, maar niemand het onraad vermoed nie,” het Du Plessis bygevoeg. Hy het gesê die organisasie sal sy volle samewerking aan die polisie en paramedici gee. Die ATKV sal ook die naasbestaandes van die persoon, wat tans by die vakansieoord is, bystaan met enige ondersteuning wat hulle benodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris dupreez ·

Wat ?? Waar is die kind se ouers. Bietjie onduidelik.

Herman ·

Die kind het seker saam met n maatjie of ander famielie gaan vakansie hou. Is dit rerig belangrik waar hulle is. Hulle werk seker.

Leonora ·

Presies dieselfde het Donderdag 9 Desember by die vakansie-oord Magaliespark gebeur. My vraag is hoekom is daar nie lewensredders gerurende seisoentye by sulke groot vakansie-oorde nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.