ʼn Negejarige seun is Donderdagmiddag by Uvongo naby Port Shepstone in KwaZulu-Natal gered nadat hy byna verdrink het.
“Die seun het net voor 14:00 by die hoofstrand geswem en in die moeilikheid beland,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die lewensredders se vinnige optrede het verseker dat hy uit die water gehaal is voordat hy kon verdrink.”
Paramedici van Netcare911 het die kind op die toneel behandel voordat hy na die Port Shepstone-hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.