Kind verdrink byna in bad

‘n Helikopter land om die 7-jarige-slagoffer hospitaal toe te neem. (Foto: Netcare911)

ʼn Sewejarige kind is per helikopter na die hospitaal geneem nadat hy amper verdrink het in ʼn bad vol water.

“Netcare911 het Woensdag gereageer op ʼn noodoproep oor ʼn verdrinking by ʼn huis in Klaarwater, suidwes van Durban,” het Shawn Herbst, Netcare911-woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

“Inligting wat van die toneel verkry is dui daarop dat die kind beseer is toe hy amper verdrink het tydens ʼn badsessie. Die pasiënt was in ʼn ernstige toestand en is op die toneel behandel deur paramedici van Netcare911,” sê Herbst.

Die ambulansdiens se noodhelikopter is toe gekry om die kind so gou moontlik na ʼn spesialis mediese fasiliteit te vervoer.

Volgens Herbst is verkeer erg ontwrig aangesien een van die hoofpaaie in die omgewing gesluit moes word sodat die helikopter kon land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

christo ·

Dis van die ergste trauma vir ‘n ouer. Soveel ongelukke gebeur in en om die huis. Sterkte aan die ouers en ons glo dat die kindjie volledig herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.