Kind verdrink, drie gered uit rivier

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die liggaam van ʼn 10-jarige seun is Sondag uit die Natalspruitrivier in Ekurhuleni gehaal.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni se nood- en rampbestuurdienste, het gesê ʼn groep seuns het Sondag in die rivier, naby Zonkizizwe in Kathorus, geswem toe die 10-jarige seun in die moeilikheid beland het. Die seun is uit die water gehaal en op die toneel dood verklaar.

Drie mans het vroeër Sondag amper in dieselfde rivier naby Vosloorus verdrink tydens dooprituele. “ʼn Sterk stroom het drie mans meegesleur en hulle het tussen die riete in die middel van die rivier beland. ʼn Reddingspan van Vosloorus kon daarin slaag om die drie mans na veiligheid te bring.”

Volgens Ntladi is die mans vir skok behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.