Kind verdrink glo by oord in Harties

Die nooddiens, Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS), was ook op die toneel. (Foto: Verskaf)

ʼn Jong kind is Vrydagoggend dood nadat sy Donderdag in die swembad van ʼn oord in Hartbeespoort, Noordwes, verdrink het.

Volgens inligting wat deur ʼn vertroulike bron en die HEMS-nooddienste aan Maroela Media verskaf is, is die kind glo met ʼn noodhelikopter na ʼn hospitaal vir behandeling gevlieg. Sy is egter Vrydagoggend oorlede.

Dit is nie duidelik na watter hospitaal sy geneem is nie.

Die kind, vermoedelik tussen nege en 10 jaar oud, is glo deur ʼn seun uit die swembad naby die restaurantgebied by die oord gehaal. Die name van die oorledene en die seun wat haar gehelp het, is nie bekend nie.

Volgens die bron was daar “redelik baie mense” ten tyde van die voorval by die oord.

Die nooddiens, Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS), het Vrydag bevestig dat hulle van die voorval kennis dra, asook dat hulle om 15:54 na die toneel ontbied is.

Volgens HEMS het beamptes noodbehandeling op die meisie toegepas, ʼn polsslag gevind en haar gestabiliseer waarna sy na ʼn hospitaal vir verdere behandeling gevlieg is.

Geen verdere inligting is in dié stadium beskikbaar nie.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig en wag tans op terugvoer.

Die oord het nog nie op navrae gereageer nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Skappie ·

Jammer om te hoor van die meisie. Mag onse Liewe Heer haar gesin deur hierdie moeilike tyd wat vir hulle voorle dra.

Perdeby ·

Nee seker nie, maar kan jou verseker die oord gaan die skuld kry.

Maggies ·

Dit is tragies.
Sulke plekke behoort lewensredders te hê. En waar is die kind se ouers? Hulle moet aanspreeklik gehou word. Jy laat nie so jong kind onder jou oë uit by sulke plekke nie.

Lekker in SA ·

Aai dit is so hartseer, baie jammer aan die familie my hart gaan uit na julle. Daar was baie mense kon iemand nie help nie? Rrg ek gee nie om hoe goed n kind kan swem nie as ek by waters is en daar is kinders hou ek nogsteeds my oe oop ongelukke gebeur so vinnig.

Onnie ·

Tragies! Moet jou kinders nooit onder jou oë laat uitgaan nie, veral nie by openbare plekke of plekke waar water is nie. Dit is nie die oord se verantwoordelikheid om jou kind op te pas nie – ‘n ongeluk gebeur so gou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.