Kind verdrink in oord-swembad

(Argieffoto: Unsplash)

Ten spyte van omstanders se pogings om ʼn tienjarige seun se lewe met kunsmatige asemhaling te red, is die seun dood verklaar nadat hy by ʼn oord in eMalahleni (Witbank) verdrink het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was omstreeks 10:20 op die toneel. Die seun het langs die swembad gelê en besoekers het reeds met kardiopulmonêre resussitasie begin.

“Paramedici het oorgeneem en met gevorderde lewensondersteuning begin. Die kind is kort daarna na die Witbank Algemene Hospitaal vir verdere behandeling geneem,” het Meiring gesê.

“Die seun het geen tekens van lewe getoon nie en is in die hospitaal dood verklaar.”

Die verloop van gebeure wat tot die verdrinking gelei het, is in dié stadium nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.