Kind verdrink in strandmeer

Foto: local-info.co.za

Foto: local-info.co.za

ʼn Jong seun het Saterdag in ʼn strandmeer in die kusdorpie Wildernis verdrink.

Torsten Henschel van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in die Wildernis het gesê hulle is omstreeks 11:13 na die Wildernis-strandmeer ontbied, waar brandweerbeamptes, Eden 911-ambulansdienste, polisiebeamptes en lewensredders reeds op die toneel was.

Lewensredders het die seun uit die water gehaal en paramedici was besig om hom te behandel, maar hulle kon hom nie bybring nie en hy is op die toneel dood verklaar. “Die seun het glo in die vlak water geswem en gespeel maar het in die dieper deel in die moeilikheid geraak.”

Die seun was glo nege of tien jaar oud. Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin. Volgens Henschel het twee kinders amper Vrydag by dieselfde strandmeer verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johanna Botha ·

En nuwejaar gebeur dieselfde ding reg voor die ouers se oe .. presies by die plek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.