Kind verdrink in uitgrawingsterrein

Die uitgrawingsterrein waar die kinders gaan swem het. (Foto: ER24)

’n Jong seun (12) is dood nadat hy en maats Sondag in ’n uitgrawingsterrein vol water buite Evander in Mpumalanga gaan swem het. Dié uitgrawingsterrein was weens die onlangse swaar reën in die omgewing met water gevul.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê in ’n verklaring die plaaslike polisie het die nooddienste omstreeks 17:55 na die toneel ontbied. Die seun se ouers was met hul aankoms reeds op die toneel.

Volgens Campbell het die kind in die moeilikheid beland waarna sy maats gehardloop het om hulp te ontbied.

Die seun se liggaam is met behulp van duikers uit die water gebring waarna nooddienste hom op die toneel dood verklaar het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JP ·

Dit is baie jammer om te hoor, die firma wie die uitgrawing gemaak het moet pa staan omdat dit nie beveilig is nie

Ep ·

Jammer JP Ek stem nie saam Almal van ons het al in quary-gatte loop swem toe ons jonk was. Die kind is 12 en kon verseker nie swem nie wat soek hy daar Tweedens waar was die ouers het hulle toestemming gegee dat hul daar kan loop speel? Dink jy regtig n bordjie sou hulle weggehou het????????

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.