Kind vermis nadat swerm bye hom jaag

Argieffoto

Argieffoto

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se hulp is Saterdag ingeroep nadat inwoners vermoed het dat ʼn kind by die hawe in Hermanus in die Wes-Kaap in die see gespring het nadat hy deur ʼn swerm bye gejaag is.

Deon Langenhoven, NSRI se Hermanus-bevelvoerder, het gesê die organisasie se noodreddingspan is omstreeks 13:00 na die toneel geroep om die polisie met hul soektog te help.

“Volgens inligting is ʼn groep van vyf kinders ongeveer sewe jaar oud deur ʼn swerm bye gejaag. Hulle het glo in verskillende rigtings gehardloop om van die bye weg te kom,” het Langenhoven gesê.

Vier van die kinders was ongedeerd, maar een is vermis, het hy gesê. “Daar is gevrees dat die kind by Blowhole langs die hawe in die see gespring of geval het en ʼn soektog is van stapel gestuur.”

Langenhoven het gesê dit het kort daarna aan die lig gekom dat die vermiste kind deur bye gesteek is en deur lede van die publiek na ʼn hospitaal gehaas is waar hy behandel is.

“Nadat al die kinders gevind is, was die NSRI se hulp nie meer nodig nie. Die polisie sal die voorval ondersoek,” het Langenhoven gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Coen Hattingh ·

Ai dit is so jammer oor Cradle Rock. Net nou die aand na ‘n inset op TV na die oulike restaurant gekyk. Dis hartseer.

Emile ·

Misleidende opskrif.

Kon gelees het:

“Vermisde kind gevind nadat swerm bye hom jaag.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.