Kind voor ma deur honde doodgebyt

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Meisie van 14 maande is ten aanskoue van haar ma deur die gesin se twee rottweilers doodgebyt.

Konst. Henry du Randt, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Dinsdagoggend op ʼn plaas buite Malmesbury in die Wes-Kaap plaasgevind.
Volgens hom het die ma en die dogtertjie, Lisa Cupido, uit die huis gegaan om vermoedelik iets in die motor te gaan haal.

“Die dogtertjie het oudergewoonte haar handjie uitgesteek na die honde om met hulle te speel toe hulle sonder waarskuwing haar begin byt het.”
Volgens Du Randt het die ma haar dogtertjie probeer help, maar die honde was te sterk.

Die kind is op die toneel dood. “Die dogtertjie het altyd met die honde gespeel en daar was nog nooit enige teken dat hulle ʼn gevaar vir haar inhou nie. Hulle was altyd liefdevol en het nog nooit eers na haar gehap nie.”

Du Randt het gesê Lisa se ouers wou nie onmiddellik die honde van kant maak nie en het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) versoek om hulle te kom verwyder.

Maroela Media het verlede week berig oor ʼn ses maande oue babaseuntjie wat Woensdagoggend ten aanskoue van sy ouma deur die gesin se hond verskeur is. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Jammer ·

Ek mag nou seker weer niks se nie, want almal gaan skreeu ‘skiet die honde vrek’. Hoeveel kinders moet nog gebyt word voordat mense besef jy LOS nie ‘n klein kindjie by ‘n groot hond nie, of dit rottweiler of alsation of pitbull is, wees VERSIGTIG, veral as die honde die volwassenes gewoond was, is die kleinding skielik ‘n bedreiging vir hulle. EK is BAIE BAIE JAMMER vir die ouers .. en baie jammer dat die kind dood is … Diere is maar onvoorspelbaar, hulle het ‘n natuurlike instink waravoor jy nie altyd gereed is nie. RIV en sterkte vir julle.

Hartseer ·

# Jammer – ek stem 100% saam. Ek vertrou glad nie n groot hond nie. Sterkte vir die ouers en familie. My hart sal so iets nie kan hanteer nie.

Lourize ·

Ek stem. n Hond byt nie n kind dood omdat hy lekker kry as hy sien daar le n kind dood nie. n Hond val aan wanneer hy voel hy word vervang of is in gevaar. Terwyl ek swanger was het my great dane vreeslik snaaks begin optree. sy het vir almal om my gegrom en het my met haar lewe beskerm. Ekt eers gedink dit is oulik, Maar toe ek met iemand gepraat het war spesialiseer in honed se optreede het hy gese sy kan een van twee goed doen wanneer my baba gebore word, Of sy gaan almal opvreet vat naby die kind en my kom, en in die proses om my kind te beskerm wanneer sy dalk net hard lag na my hap, en my kind dood byt of weer normal optree en die liefies hond wees wat sy was…. ek wou nie uitvind nie en ek het vir haar n goeie huis gesoek. Mense moet altyd onthou, honde weet nie altyd wanneer n kind kliphard lag of gil dat sy opgewonde is nie, honde besef nie die gevoel van n nat tong tussen daai mensie se vingers deur is kielierig en veroorsaal n gil laggie nie…. Daai hond hoor n gil en hap soms oor hy skrik….

Poplap ·

Jammer maar groot honde en kinders gaan net nie saam nie. Ja ek weet die honde mense sal nou weer 1001 stories hê oor honde en hoe hulle grootgemaak word. Dit sal nou seker weer die ouers se skuld wees en nooit die hond of honderas nie. Hierdie honde mense is soos Amerikaners oor hulle gewere! Soek altyd die fout by iemand anders en wil nooit aanvaar daar is fout. Die feite (hoeveelgeid aanvalle) behoort van self te spreek. Kinders en honde gaan nie saam.noe!!

blommie ·

Dit is hartseer, daai honde trust mens niks nie, al is hulle hoe mooi, al is hulle hoe rustig hulle is nie bedoel vir swak mense ( swak in die sin van klein en ook in die sin van swak persoonlikheid) so hond kort n baas en persoonlik dink ek hulle sal beter vaar in n polisie omgewing as om families en kinders. Jammer vir julle verlies RIV

michelle ·

Blommie, ek stem saam jou. Ek wil net se, maak nie saak watter ras hond nie, enige hond kan byt, ekt n pekingese gehad syt my kind en ander mense die heeltyd try byt, alhoewel sy saam my dogtertjie saam groot geword het. ekt haar verhuis waar daar gladnie kinders is nie, n alleen hond wat sy al die aandag kan kry, en vandag is daardie hond n nuwe een. ek mis haar ja, maar dit was vir haar eie bes en my kind sin.

Adri ·

Ai ek het 2 pragtige rottwielers….. maar dit maak my so bang, want my kleinkind is 7 en ander een 1 jaar en 8 mnde….ek hul gekry toe my jongste kleinkind 3 mnde oud was, hul baie beskermend teen oor haar…. en sy speel met hulle en als, maar die onsekerheid wanneer gaan hul sommer net byt…. ek sal di8t nie oorleef as dit moet gebeur nie…..

Francois le Cochon ·

Hou jou kleinkinders weg van jou honde, veral as jou honde voel jy gee meer aandag aan jou kleinkinders as aan jou honde. Die honde sal dit as ‘n bedreiging beskou!!!

Groot-hondehater Vlakvark. ·

Groot hartseer saak. Om te dink ons as mense an nie eers een haar van ‘n mens skape nie, en hier kom byt honde hierdie onskuldige kind dood!

Vele Suid-Afrikaners kan of wil maar nie leer dat Rottweilers, Pitbulls, Amerikaanse Pitbulls Doberman pinschers, Wolfhonde en Boerbulle onvoorspelbare en gevaarlike honde is nie! En GEEN van hierdie hondetipe telers, telersvereniging of dierebeskermsverenigings of hondekundiges kan of sal waag om op skrif enige waarborg te gee dat hierdie diere nie gevaarlik is nie. Wie gaan volgende doodgebyt of vermink word? Is wetgewing nodig? Beslis! Verbied hierdie tipe honde in Suid-Afrika, ongeag die vlakke van kriminaliteit! Ek het al vele kommentare oor hierdie tipe honde laat publiseer, sonder skynbaar enige sukses. Quo vadis?

lIO ·

Alle diere, alle honde is en sal n gevaar wees. Maak nie saak hoe “mak” hulle is nie.

Lieliepit ·

Weet jy dat klein hondjies baie meer byt? Hulle is geniepsig en vreeslik jaloers as hulle skoot honde is. Verskil is, as hulle byt dan is dit nie so erenstig nie. Maar ALLE honde is onvoorspelbaar. Ek sit self met Rottie, ek gee nie om hoe oulik sy is of hoe goed sy mense ken nie – ek is altyd parraat. Ek los haar nie alleen nie, en vra almal om verkieslik nie met haar te speel nie. Mens weet nooit wat hulle laat reageer nie. Maar ons kort meer wetgewing. Permitte vir alle honde, en random inspeksies. Dit sal ook die telers onder beheer hou. Maar Rotties sal my gunstelling bly.

Sarah ·

Ons het ‘n lieflike massiewe Rottie gehad toe my kinders klein was.Die beste ooit!

Ons Ook ·

Ons ook Sarah en 1 is makliker as 2 om dop te hou en dalk onder beheer te bring. Iets moes die honde geaktiveer het, die Vader weet, dit is hartseer. Die honde moet uitgesit word, nie DBV of na ander mense toe nie, dit gaan nog hartseer stories oplewer.

yolandi ·

En ja kan jy glo KUSA het nou die dag via n artikel op Sarie gese hulle is die nr 1 hond.Nee mense dan bly ek eder by my Beagles, hulle is besig maar def nie onvoorspelbaar nie

Poplap ·

Leliepit wys my een saak waar ‘n klein hond ‘n kind doodgebyt het! Kinders en groot honde gaan net nie saam nie.

Oryx ·

Tot die dag dat die groot honde jou lewe red van ‘n aanval. Eers word dit amper onmootlik gemaak om vuurwapens aan te hou en nou hierdie tipe honde ook onwettig maak? Wie gaan ons en ons huise dan beskerm, jy? To each his own.

Terry ·

Baie mense sal beweer Rottweilers, Pitbulls, ens is liefdevol as hulle reg grootgemaak word.

MAAR hulle is geteel om te baklei. Ek vertrou hulle nie NABY ‘n kind nie!

R ·

Rottweilers is oorspronklik in Italie geteel om beeste op te pas en die ‘oppas’ instink is steeds baie sterk in hulle. En ja, hulle het die potensiaal om uiters gevaarlik te wees. Ek het vir 27 jaar al altyd ‘n Rottie in my huis – my 3 seuns het met hulle grootgeword – en het huidiglik ‘n massiewe groot Rottie wie mal is oor my 3-jarige kleinkind en hom soos ‘n skaduwee volg wanneer hy hier kuier maar ek hou ALTYD ‘n oog net soos ek ‘n oog sal hou oor ‘n klein hondjie saam klein kinders. Ek is ook baie streng met my kleinseun dat hy die hond nie seermaak nie – dis wanneer honde kinders begin haat en mag voel hulle wil hulself beskerm. Ek wonder of die betrokke 2 honde ‘n teelpaar is – hulle is gewoonlik meer onvoorspelbaar.

Genieve ·

Jy kan nooit jou diere by kinders vertrou nie,al is jy hoe lief vir hulle.Honde kan baie agressief raak en dink dat hulle uitgetart word,ons ouers sal beginne waaksaam wees.

Marna ·

Ek dink dis omdat die kinders ‘eye-level’ is met die honde en dan voel die honde bedreig. Alle sterkte aan die familie. ;(

Harambe ·

Ek skiet daai honde morsdood. Wat moet die arme DBV met die honde maak? Hulle is al klaar so oorvol en dan moet daai honde dalk deur ‘n ander familie “aangeneem” word om weer ‘n kind dood te maak.

Ja hoor ·

Hulle sal obviously uitgesit word, maar in plaas van om die WET TE OORTREE en die honde DOOD TE SKIET in die erf soos wat jy wil doen, het hulle die humane opsie gevat om hulle te laat uitsit. Want net vir ingeval jy wat so wil SKIET nie weet nie, jy MAG NIE ‘n wapen afvuur in ‘n beboude gebied nie .. so praat van dit waarvan jy weet. NEE die SPCA is darem nie so simpel om honde wat ‘n kind gebyt het te laat aanneem nie. Maar die mense was obviously lief vir die honde, hulle wil hulle nou nie met ‘n graaf doodslaan nie.

Susan ·

Groot-hondehater Vlakvark: Het jy geweet ‘n Boerboel is spesifiek geteel in Suid Afrika? Juis hoekom hy die naam Boerboel het. So hoe wil jy nou die hond verban in Suid Afrika?
Ek dink jy moet meer oor die rasse van die honde gaan lees en miskien dalk al jou feite eers agtermekaar kry voordat jy sulke goed se!

Ek is regtig baie jammer vir die familie en my hart gaan uit na hulle! Mag die Here asb Sy Hand oor hulle hou vir vertroosting en om deur hierdie moeilike tyd te kom!

Groot-hondehater Vlakvark ·

Beste Susan, waar is jou eie Boerboel-statistieke? Gaan Google gerus “Dangerous dogs”. Bring dan die statistieke wat wys hoe “veilig” die Boerboel is. Die feit dat die Boelboel in SA geteël is, is wetenskap gesproke niks seggend.

Sjoe ·

Sjoe dit is een van die hartseerste dinge, diereliefhebbers moet diere hê en hul kan 99.99% vreugde en beskerming wees, maar vir daai 1% moet mens altyd paraat wees, ek het egter ‘n reel, ‘n hond wat enige ander dier doodmaak of na ‘n kind hap, word uitgesit, dit gaan herhaal, self gesien….. Sterkte aan hierdie arme Ma, ek het net ‘n fatale hond beleef met myne en dit was vir 2 jaar nagmerries en ek is nogsteeds versigtig met my nuwe honde, ek tel onmiddelik die koerant op, sodra hul vreemd met mekaar raak en dit werk. Mense moet asb nie oordeel ongelukke gebeur, dit is beslis baie vreemd en hierdie Ma het al die ondersteuning nodig wat sy kan kry, draai haar toe en help haar dit verwerk. Dit is afgryslik.

Mariaan ·

Mense moet besef honde bly steeds diere, al is hulle hoe mak.
Hoeveel kere het mense al gese hulle honde sal nie byt nie.
Hoe weet hulle? Het die hond dit self vir hulle vertel of praat hulle maar net namens die hond. Daar is altyd ‘n eerste keer en dan moet mens gereeld hoor die hond was liefdevol en het nog nooit iemand gebyt nie.

C ·

Ek lees met hartseer die berig. Ek het 3 Rottweillers maar hulle is baie liefdevol en spelerig met my kinders maar daar kan enige tyd iets gebeur. Maar so kan dit wees met elke liewe hond wat jy kry maak nie saak waste tipe hond dit is nie.

yolandi ·

En ja kan jy glo KUSA het nou die dag via n artikel op Sarie gese hulle is die nr 1 hond.Nee mense dan bly ek eder by my Beagles, hulle is besig maar def nie onvoorspelbaar nie

Esti ·

Nog ‘n babatjie deur ‘n hond dood gebyt .. Laas week Klein Callum (6maande) en nou hierdie klein prinsessie … Ek is so jammer vir julle verlies, dis ‘n hartseer wat nooit aan iemand kan verduidelik word nie. My diepste simpatie aan die families. ;(

Amber ·

Ek stem saam met Yolandi. Ek het 2 Beagles. Sterte swaai vir almal en alles. As hulle bedreig voel deur klein kindertjies, gaan kruip hulle weg in die hoek.
‘n Boerboel het al vir my en my twee beagles aangeval terwyl ons in die woonbuurt gaan stap het. ‘n Ondervinding wat ek nie wil oorhê nie.
Jammer vir die bogenoemde voorval met die
Rottweiler.

Hanlie Jordaan ·

n HOND, n KAŔ, n SWEMBAD, n GEWEER. NOOIT KAN JY DIE VERTROU NIE…. OF KINDERS DAAR VERTROU NIE!

Ag nee ·

Dit moes ‘n absoluut onbeskryflik aaklige ondervinding vir hierdie mamma gewees het… Baie, baie jammer, Moedertjie. Laat ons amal tog maar leer uit hierdie bittere hartseer. Enige hond kan enige tyd teenoor enige kind aggressief raak. Vir weke en maande of jare gebeur dit nie, maar op ‘n dag… Eenmaal gelees hoe ‘n hond ‘n kindjie se gesiggie verskeur het en daar en dan besluit om enige, enige hond as gevaarlik te beskou vir kleingoed. Baie, baie sterkte aan die ouers.

Annie ·

Ek was ‘n Rottie- ma…… nooit 1 dag buite geslaap nie, lieflike persoonlikheid en beste kameraad ooit, maar toe hy net 1 keer na my kleinkind gehap het, het ons hom laat uitsit

Soos tereg gesê, het hulle ‘n baie ferm hand nodig en kan jy hulle nie by kinders vertrou nie.

Dit was 1 vd hartseerste dae in ons lewe toe ons hom moes laat uitsit, maar eerder dit as wat ons by ‘n graf moes staan of ‘n veminkte kind moes hê.

Sterkte aan die ouers en geliefdes, my hart gaan uit na julle!

smp ·

Wou nie graag die kommentaar van mense lees nie want ek is versot op honde. Ek is regtig jammer vir die kind wat dood gebyt is veral vir die ouers en geliefdes wat agter bly. Alle ouers moet maar versigtig wees as dit by hul kinders en honde kom. Baie dinge kan die honde geaktifeer het en die moontlikheid as een sou aanval gaan die ander ook ingryp. Dit gebeur selfs as een hond n ander sou aanval sal die ander ook begin aanval. Hierdie saak is werklik n hartseer saak en ek dra die hartseer familie in my gebede op. Baie sterkte in die moeilike tyd.

Valerie ·

Gevaarlike diere, “mense kinders” of nie, hoort nie tussen mense nie. Hoe moeilik is dit om te verstaan?

Net Ekke ·

Ek is verskriklik jammer vir die hel waardeur hierdie mamma en haar familie nou moet gaan. Ek wens dit niemand toe nie.

Maar asb, moenie groot rasse veroordeel tensy jy hulle persoonlik ken nie. Ek het my tweeling (nou 16) groot gemaak met ‘n Rottweiler en GSD in die huis, en nog nooit was daar na my kinders gehap of gegrom nie. My jongste (nou 10) se Jack Russell wat hy nou het is baie gevaarliker as wat my 2 groot hande saam was.
Dit kom neer op hoe jy jou kinders groot maak, of hulle diere respekteer of nie. En dan natuurlik die dissipline wat jy op jou honde toe pas.

Poplap ·

Nee dankie ek wil nie groot honde persoonlik leer ken nie dankie kyk neg na die statistieke dan sal jy self sien hoe baie aanvalle daar is. Ag jouself geweldig gelukkig dat jou tweeling nog nie gebyt is nie. Dis weereens vir my skokkend dat mense sal skryf dit kom neer op hoe jy jou kinders grootmaak so asof die kind en ouers hier die skuld dra want sit is mos wat jy impliseer. Tipiea van honde mense. Altyd die kind die ouers die geraas etc se skuld. Nee dia dalk net die honderas watnie naby ki ders hoort nie!

Cathy ·

Wanneer gaan mense leer dat jy klein kindertjies van sekere honderasse moet weghou, juis vanweë hul onvoorspelbaarheid? Dis juis wat met hierdie tipe honde gebeur: hulle is so mak soos lammetjies en stuur NOOIT waarskuwingstekens nie. Die dag wanneer jy besef waartoe hulle in staat is, is daai EEN keer te veel. Moenie wag vir daai waarskuwing nie – dan is dit reeds te laat.

Johan. H. ·

Hartseer,,, Maar is n konstabel abel al n polisie woordvoerder.?.. Gn wonder,,,

Sam ·

My honde is nie soos ander nie en hulle is sooo liefdevol… Famous last words.. Ek is lief vir honde, maar as dit by pitbulls en Rottweilers kom is ek liewer vir my kinders. Leer julle dan nie..

Renà ·

Ons het rifruê en alhoewel hulle kinder vriendelik is, is die reun maar baie beneuk, so as my kleinkinders hier is, word die honde in hul gerieflike hok toegemaak. Ek vat nie kanse nie.

Adele ·

Dis verskriklik hartseer.. sterkte aan die familie. Alle honde rasse kan gevaarlik wees, dis hoe jy die diere groot maak. Ek en my suster het met bullterriers groot geword, hulle was baie liefdevol. Mens moet maar altyd versigtig wees met klein kindertjies en alle honde! Om n hond te haat is ook nie reg nie. Ouers met honde moet maar altyd seker maak kinders is nie alleen saam met die diere nie. Ek persoonlik is nie mal oor van die kleiner honde rasse nie, meer geneig om geniepsig te wees. Ek leer ook my kind om nie enige diere te klap, skop of seer te maak nie!

Joeleen ·

Hi almal prt so oor groot honde ek trust geen hond meer nie my scoty terrier wat saam my seun groot geword het nou 3 is in die gesig gebyt deur die hond weet tot vandag nie hkm

Neilia ·

Stem nie saam oor alle groot honde nie. Ek het n straat hond wat my pa gered het, hy gee net liefde ,as n kleintjie naby hom is gaan le hy en as die dogtertjie naby n deur gaan dan stoot hy haar weg. Hy wou my kat storm ek het 1 keer nee geskree en nooit weer het hy enige iets gedoen.. hy nou wel n baster maar niks pla hom..

Ann ·

Ek is baaaaie jammer oor die groot verlies … ñ rottweiler vertrou ek glad nie. Ek hou eerder by my Labrador. Sy beskerm my kinders met haar lewe!! Sy is reg grootgemaak. Haar “poletiek” is ook reg.

Tanya Cassell ·

Ek dink alle honde is onvoorspelbaar, my wors het eendag na my dogtertjie van 3 gehap omrede sy nie sy stert uitgelos het nie, en ekt haar gesê hy hou nie daarvan. ek kon nie hond dood slaan vir daai rede ekt hom gesê hy mag nie byt nie en aan haar verduidlik hoekom dit so gebeur het. mens moet ook jou kinders leer van kleins af diere is nie speel goed nie.my kind is so erg oor die diere as ek nie keer het ek al dieretuin gehad. Ek dink dis ook belangrik om bietjie na te vors wat kenners vir jare al studeer oor watter honde watter karaktereienskappe het. Ekt `n worsie `n jack russel en my dogter se puppy is `n pikgense en worsie kruising en die twee soos vinkel en koljander as jy die een soek roep net die ander dan weet jy waar altwee, en alhoewel hy sag geaard is en liefdevol kan ek nie ooit se hy sal haatr nooit byt want mens weet nie wat kan die dag van more gebeur nie.

Jakalas ·

Ek het al gesien dat honde vriendelik met familie kan wees wanner hulle eienaars daar is, maar so kan uit draai wanner die eienaars weg is en een van daai familie lede moet die huis op pas. Hulle doen hulle werk, maar hulle kan nie onderskei tussen familie lede en inbreaker nie.

antjie ·

Mense gaan google daar is 25 + “most dangerous dogs’ in the world en maak seker jy weet waarvoor jy jou inlaat as jy n hond wil he…dan sal sulke dinge soos in die berig nie gebeur nie

Nie noodwendig ·

Nie Noodwendig, ek stem nie saam, my geliefde Golden Retriever het ons klein hondjie doodgebyt, die hondjie het niks gedoen, net aandag by tuinier gesoek en groot hond wou daardie dag1ste aandag hê, hul het van baba dae af saam groot geword, op ‘n dag kan iets verkeerd loop.

Sterkte en liefde ·

Aan hierdie Moeder en natuurlik Vader en hele familie, sterkte en liefde, wens daar was ‘n groot genoeg pleister vir hierdie eina, fokus op mekaar en die positief wat hierdie klein dogtertjie gebring het, lees en verwerk geen negatiewe kommentaar. Dit was werklik net ‘n ongeluk. Die feit dat jul honde weggestuur het vir uitsit, was die regte besluit. Sterkte met jul herstelpad, daar sal weer liefde en vreugde vir jul wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.