Kind wat glo boelie doodskiet gaan verhoor word

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Leerling van Vosloorus in Gauteng wat glo ʼn skoolboelie doodgeskiet het, sal in Oktober op ʼn aanklag van moord met voorbedagte rade in die hof verskyn, het The Star Dinsdag berig.

Advokaat William Karam, vir die leerling, het versoek dat sy kliënt eerder in ʼn program geplaas moet word vir jongmense wat van ʼn misdaad beskuldig word, as om verhoor te word. Die nasionale direkteur van openbare vervolging het egter ná ʼn appèlproses dié aansoek afgekeur.

“Ek is teleurgesteld, want dit is duidelik die beskuldigde was jonk en almal het die oorledene as ʼn probleemkind beskou,” het Karam aan die koerant gesê.

Die Graad 11-leerling het in November 2012 glo sy ma, ʼn metropolisiebeampte, se dienspistool gebruik om die boelie in die kop te skiet. Hy word ook aangekla van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en onwettige besit van ammunisie.

Lees ook:
Oos-Rand-tiener het glo nie bedoel om boelie te vermoor
‘Boelie’-moordsaak: Borg toegestaan
‘Boelie’-moordsaak: “Hy het gekry wat hy verdien”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elizabeth ·

Ek verpes boelies. Boelies kan veroorsaak dat ‘n arme kind heeltemal kop verloor want dit gaan gewoonlik net aan en aan en niemand help so kind nie. Daar was al sovele gevalle van tragedies wat begin het met ‘n geboelie. Ek voel jammer vir die kind dat hy op so ‘n plek moes kom dat hy dit net wou laat endkry en toe het hierdie tragedie gebeur. Nou is sy lewe ongelukkig basies verwoes. Ek hoop dat dinge omgedraai kan word vir hom, dat hy die regte leiding en rehabilitasie sal kry en dat hy dalk tog iets in die lewe kan word.

lorayne ·

As ouers dalk meer belang stel in hulle kinders se wel en wee, het hierdie probleem dalk lankal iewers op ‘n tafel beland waar dit uitgesorteer kon wees.
Ek stem nie EEN oomblik saam dat moord die oplossing was nie, maar hoe ver word ‘n kind gedruk om oor te gaan tot die daad?

VerVanRyn ·

Baie het al onder die juk van ‘n boelie gestaan, dit gee nie die kind die reg om die boelie se lewe te neem nie. Moord is moord, ongeag vir watse rede dit gedoen is.

EMK ·

Vervanryn – moenie oordeel as jy nie al self daar was nie. Niemand hier praat moord goed nie maar as daar aanhoudend so geboelie word dat die arme kind dit nie meer kan hou dan kan ek nogals verstaan dat hy so reageer het. Ek is seker hy wou nie moord pleeg maar dat dinge net so saamgeloop en hy so moeg was om geteiken te word dat die tipe ding gebeur het.

VerVanRyn ·

Op skool was ek self daar, ek het self gewroeg daarmee hoe om die boelies te stop. Ek was in ‘n koshuis gewees en is weens my begeerte om nie deel te neem aan sekere aktiwiteite nie, wat ek as onChristelik beskou het, geteiken deur ‘n paar senior skoliere. Dit het op ‘n punt so erg geraak dat ek met ‘n byl onder my kussing begin slaap het om die volgende nagbesoeker te ontarm. Al wat my tot my sinne gebring het om dit nie te doen nie was my geloof. Ek weet waardeur hierdie lat gegaan het en ek weet dit is moeilik, maar in die Christelike geloof waaraan ek vasknoop, dieselfde geloof wat my deur sulke viktimisering gekry het, is moord ‘n sonde. En om een sonde met ‘n ander te vergoed bring geen verlossing of vrede nie. Ongeag van my reg om te oordeel(let wel nie veroordeel nie) en die “versagtende omstandighede” is moord ‘n sonde voor die Een wat die boelie sowel as geboeliede geskep het.

Paplepel ·

EMK is reg. Jy het nie ‘n idee wat dit is om geboelie te word as dit jou nie self oorgekom het nie. Is so, moord is moord. Hier is egter BAIE versagtende omstandighede. Ek dink die ouers van die boelie moet aangespreek word en nie vertroos word nie. Hulle het toegelaat dat hy ‘n boelie kon wees en is indirek vir sy dood verantwoordelik.

EMK ·

@Paplepel – dis NES jy sê. En ja, die ouers moet verantwoordelik gehou word, hulle het oënskynlik die kind sy gang laat gaan as mens lees dat die boelie as ‘n probleemkind deur almal ervaar is!

Canned Phantom ·

Ek is as ‘n Sub A’tjie voor ‘n munisipale bus ingestamp deur ‘n boelie en het gelukkig uit die pad gekom. My tas was in flarde getrap. My wrewel in boelies is waarskynlik groter as hierdie kind s’n. Ek sou hom dalk met ‘n stomp mes keelaf gesny het as ek hy was. Gelukkig het ek geleer om te vergewe en te vergeet. Die vergewe het al gekom, nognie die vergeet nie. Alle sterkte vir die seun en laat dit ‘n waarskuwing wees aan boelies. Hou op voor julle te vêr gaan en van dieselfde medisyne kry.

Elizabeth ·

@CannedPhantom – sjoe dis erg. Ek kan verstaan hoe jy moes voel. En gewoonlik ervaar so ‘n kind dat niemand hom/haar wil help, ander kinders si gewoonlik maar te bly dat HULLE nie die teiken is en help nie. Grootmense WIL nie weet/betrokke raak want dis te veel moeite of hulle dink die “victim” kla net. Daar is al sovele probleme deur boelies veroorsaak en tog gaan dit steeds voort…

Marieta ·

VerVanRyn ek stem saam. Moord is moord. Punt. En ons moet ook nie uit die oog verloor dat die beskuldigde hier eintlik nou al ‘n volwassene en nie meer ‘n jong kind is nie. Sover my kennis strek is jy mos nou volwasse op 18 jarige ouderdom en hy is al 19. Tog snaaks hoe mense dan vir hom verskoning kan vind, maar ander jongmense wat in onskuldige pret in ernstige ongeluk beseer word, word met dwelmsmokkelaars vergelyk. Geen wonder daar is vandag so baie jongmense wat hulle dan maar oorgee aan dwelm en drankmisbruik nie.

EMK ·

@Marieta die aangeklaagde is NOU 19, dit het al 2 jaar gelede plaasgevind. Bedaar suster, BEDAAR!

VerVanRyn ·

Dankie Marieta, ek is bly om te sien ek is nie die enigste een wat in die hedendaagse waan lewe dat sekere “emosionele pyne” sonde regverdig nie. As die kind ‘n sielkundige versteuring gehad het wat hom bellemer het om gesonde besluite te neem sou ek kon instem op “versagtende omstandighede”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.