Kinderhande in rivier gevind

Die Umgeniriviernaby Howick in KwaZulu-Natal. Foto: umngeniriverwalk.wordpress.com

Die Umgeniriviernaby Howick in KwaZulu-Natal. Foto: umngeniriverwalk.wordpress.com

Afgekapte hande van minstens twee kinders is in die Umgenirivier naby Howick in KwaZulu-Natal gevind, het die Witness Donderdag berig.

Volgens die koerant het werkers, wat besig is om die rivier naby die Mphophomeni informele nedersetting skoon te maak, die gru vonds gemaak.

Die hande behoort vermoedelik aan ʼn eenjarige en ʼn kind van ongeveer vier of vyf jaar oud.

Een van die werkers, Sabelo Sibiya het op die hande afgekom toe hy ʼn rooi plastieksak uit die rivier gehaal het. “Ek het ʼn panga gebruik om die plastieksak nader te trek toe ʼn linkerhand uit die sak geval het,” het hy gesê.

Kruie en boombas, wat in tradisionele medisyne gebruik word, is ook saam met die hande in die sak gevind.

Die koerant het ʼn anonieme bron van die polisie aangehaal wat gesê het die hande is skynbaar meer as ʼn week gelede van die liggame afgekap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

neill blignaut ·

What has the world come to? Or has this always been the nature of human beings and us just turning the blind eye. Children being chopped up!!! So sad!

SNEL ·

Ja-nee wraggies, Neill, dis vreeslik wat deesdae gebeur. Kan nie dink dat sulke monsters bestaan wat so iets aan n onskuldige kind doen nie.

pop ·

Hulle is gebruik vir moetie. Toordokters en tradisioenele healers is boosheid vanself, Met die opening van die state of nations is die 2 vrouens met hulle swaaiende besems ook daar binne ingelaat. Dan wonder ons hoekom alles so vreeslik verkeerd gaan. Ons sal maar op ons kniee moet bly.

cj ·

Wat het van hierdie wereld geword. Dit raak net erger by die dag. Dat al die kinders in ons land deur soveel geweld moet gaan. Die kinders het nie gevra om hier te wees nie. Dit breuk my hart. Ons kan net op ons kniee bly en glo en vetrou dat hierdie land van Sodom en Gomora sal verander en alles weer beter kan raak………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.