Kinderhuis-aantygings: ‘Dit was leuens’

‘n Skermskoot uit die video. Die meisies se gesigte word verbloem om hul identiteite te beskerm soos die Kinderwet vereis.

Die ma en suster van een van die meisies wat in ʼn selfoonvideo verskeie aantygings oor ʼn bekende kinderhuis in Vereeniging in Gauteng gemaak het, het gesê die bewerings was leuens.

Maroela Media het vroeër berig die meisies, van wie twee minderjarig en een 18 jaar oud is, kan op die video gesien word waar hulle in hul skoolklere vertel hulle is inwoners van die Catherine Robson Kinder-en-jeugsorgsentrum.

Hulle verskaf hul name en ouderdomme terwyl die stem van ʼn vrou in die agtergrond gehoor kan word en sy vir hulle vrae vra. Die meisies vertel dat hulle een aand sonder kos buite die kinderhuis moes slaap. Hulle beweer ander kinders het hulle “deur die tralies” probeer kos gee en dat dié kinders toe ook gestraf is. Hulle beweer niemand is gelukkig by die kinderhuis nie en die huismoeders vloek en slaan hulle glo. Hulle beweer hul kos word in vuil kastrolle voorberei en dat hulle al miere, kokkerotte, staalwol en proppe in hul kos gekry het.

Ds. Danie Kruger, bestuurder by Catherine Robson, het Vrydag in ʼn verklaring gesê een van die meisies in die video se ma en suster het intussen in ʼn ondertekende brief bevestig dat die meisies se aantygings nie waar is nie. “Een van die meisies se ma en suster het skriftelik aan die Catherine Robson-bestuur erken dat die dogters nie die waarheid gepraat het nie,” het Kruger gesê.

Maroela Media weerhou die name van die kind se ma en suster, omdat die kind volgens wet nie geïdentifiseer mag word nie.

Volgens Kruger lui die brief, wat deur die meisie se ma en suster onderteken is, soos volg: “Die bewerings wat [in die video] gemaak is, is onwaar. Ons het nadat die video geplaas is, uitgevind dat dit leuens was. Ons was emosioneel betrokke en dit is waarom ons nie gedink het die video gaan nagevolge hê nie. Die video het daartoe gelei dat die departement [van maatskaplike ontwikkeling] dit wel gaan ondersoek en [die departement] is tans besig daarmee. Dit waarvan die kinderhuis beskuldig word, is onwaar.”

Kruger het gesê die ma en suster het ʼn afspraak met die kinderhuis se bestuur aangevra en die brief is tydens hierdie vergadering onderteken.

Mbangwa Xaba, woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het vroeër aan Maroela Media gesê die departement is bewus van die video en het maatskaplike werkers aangewys om die aantygings te ondersoek. Die voorlopige verslag met die bevindinge sal na verwagting teen Woensdag beskikbaar gestel word.

Kruger het gesê die bestuur van die kinderhuis sal ná afloop van die departement se ondersoek op verdere stappe besluit.

Die Catherine Robson Kinder-en-jeugsorgsentrum is ʼn geregistreerde niewinsgewende organisasie wat aan die NG Kerk behoort. Die tehuis het gedurende die 1950’s tot stand gekom om sorgbehoewende kinders tussen vier en 17 jaar oud in te neem en te versorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Tania ·

Kinders het vandag ‘n vrye sê en kom weg met foutiewe inligting. Want sies tog hulle is net kinders.

Rita ·

Manupilasie en kontrole. Elke aksie het n reaksie. Wat sit agter als..?

Willem de Klerk ·

Ek is bly die dept doen ‘n ondersoek sodat die waarheid hopelik uitkom. Iets is iewers nie reg nie….

J ·

Ek stem Willem hoekom sou hulle nou sê dit is nie die waarheid nie. Ek ruik n rot.

Piet Snot ·

Iets is inderdaad nie reg nie.
Byvoorbeeld mense wat die kinderhuis veroordeel sonder dat hulle enige idee het waarvan hulle praat.

Dissie ·

Willem, ek stem. As die ma en suster sulke eerbare mense is, hoekom bly die kind dan in die kinderhuis en nie by hulle nie? Of verstaan ek verkeerd?

Piet Pompies ·

Dissie, MAW al die ouers van die kinders in die sorg van kinderwelsyn is nie eerbare mense. Duidelik is jou kommentaar gegrond op spekulasie en dra jy geen kennis van die welsyn organisasie SA.

Vic ·

Wat het eerbaarheid daarmee uit te waai? Sommige mense is nie emosioneel, fisies of finansieel in staat om na hulle kinders om te sien nie.

Ken2 ·

Dissie, jy bly seker in n veilige en beskutte plek, sê dankie dat jy toevallig in sulke omstandighede gebore is. Vic, mooi gestel!

Elsie ·

In hierdie geval is hulle beslis nie eerbaar. Aangesien ek hul persoonlik ken kan ek byvoeg hulle hou van kwaadstokende leuns en stories opmaak.

Sus ·

Ek stem. Ek self was in n kinderhuis en dit gaan nie oor arm of fisies ongesteld of watookal nie. Dit gaan oor slegtigheid. Bad parenting. Kinders word gewoonlik vir n baie goeie rede weggevat en enigeen wat jou kritiseer staan of agter die deur of weet nie waarvan hulle praat nie.

PITBULL ·

Ek het geleer dat waar daar ‘n rokie trek, daar maar gewoonlik ‘n ou vuurtjie brand!! Wag en kyk maar, die waarheid sal uitkom. Watter baat kon die kind daarby vind om dit te doen? Dis hoekom kinders altyd bang is om te praat oor wat wrede, perverse, gevoellose grootmense aan hulle doen. Ek dink ons moet meer begin luister wat kinders wil sê, dan sal daar baie minder stukkende “wrakke” en verwoeste lewens wees!

Elsabe Otto ·

Dit is hartverskeurend jammer dat faardie video ooit gestuur is en n goeie inrigting se naam se verneder is. Daardie ma en suster se ook nie dat die inrigting eintlik drie van haar kinders al groot gemaak het nie. Dat hul twee die leidende rol van plasing van video gespeel het nie .Dat daar nou altyd gewonder ssl word of daar n rokie trek nie. Dat die inrigting nie verdien om deur rebelle wat dissipline wil ondermyn in die modder gesmeer te word nie. Ook besef hul nie dat daar duisende kinders is wat nie kos klere en n warm bedjie of die beskerming van n dak oor die kop het nie. Dit is tragies en n groot jammerte dat hul als as vanselfsprekend aanvaar sonder enige dankbaarheid. Ek hoop hierfie dogtets sal nou besef. Dis koud daarbuite.

Louis ·

Stem saam. Kinders soek sensasie en waardeer nie wat vir hulle gedoen word nie. Waarborg jou die twee is van die met ‘n disipline probleem. Sosiale media kan baie onnodige moeilikheid maak.

Johann ·

My persoonlike ondervinding met die kinderwelsyn departemente is dat hulle, hulle baie gou en kragtig uit die waarheid kan wurm, ek is geneig om te glo dat daar veel meer waarheid in die oorspronklike berig steek as net afgemaak “vir nie die waarheid nie”

Lou ·

Die meisies is jonk en besef nie die trefkrag van hulle stoutigheid nie. Hulle is al deur genoeg moelikheid in hulle lewe. Praat mooi met hulle en laat dit daar.

Blits ·

Lou, en wat leer die kind dan uit die hele ding, dat dit reg is om vernietigend te wees en sleg te maak en te bedrieg en valsheid rondgooi? hoe kan jy of enige iemand sê dat dit aanvaarbaar is? net omdat die lewe bietjie hard op jou is gee jou nie die reg om ander mense se lewens te wil verwoes met leuns nie, so dit het niks met die prys van eiers uit te waai nie, wat verkeerd is is verkeerd en die nagevolge moet gedra word ongeag.

Jannie ·

Stuur die kinders terug na die ma wat hulle nie kan versorg nie, dit behoort voldoende straf te wees vir die kinders en die ma. Ondankbare skepsels.

Blits ·

kinders is baie gevaarlik, hulle kan maklik n ding sê en nie dink oor die nagevolge nie, Hier waat ons bly is n gesin uitmekaar geruk en die ouers is in die tronk gegooi, en toe is die arme ouers heeltemal onskuldig. as kinders aandag soek of met die verkeurde kinders meng gebeur daar gevaarlike dinge,

Johanna Botha ·

Ons weet ook al by nou dat enige staatsdepatement nooit sal erken dat daar iets verkeerd is …kyk maar na die tragiese gebeure van die mense wat uitgepaas was na ongerigistreerde plekke van versorging ….eers toe daar nagenoeg 100 mense oordelde is TOE is dit eers n issue ….regtig die mense is net onbevoeg en as daar so n rokie is moet asb nie staatmaak om n verslag van die staat want dit beteken net mooi niks !

Cindy ·

Johanna, hierdie is nie ‘n staats instelling nie. Dis ‘n nie-winsgewende organisasie van die NG kerk.

Ken2 ·

Dankie aan die ma wat sakeregstel. Ek het geweet dat dit leuns is.

Peet J ·

Afgesien daarvan of die inligting op die video nou waar is of nie , dit is logies dat waar voedsel op grootskaal voorberei word veral na so ‘n lang periode vanaf 1950 higiëniesestandaarde wel kan ontbreek.Dink maar aan die gevangenisse, sekere ouetehuise, tehuise vir gestremdes, self besighede wat voedsel voorberei vir verskaffing aan die publiek ens. Wat het van ons gesondheidsinspekteurs geword?

Aneja ·

Elsabe Otto jy slaan die spyker dood senter op die kop. Dankie daarvoor. Ek het self al kinders daar gaan haal vir vakasies sodat hul met normale gesinne kan omgaan. Baie van hulle is by ouers weggeneem oor drug gebruik ens. Ek het net goeie woorde oor Catherine Robson te sê. Niks van die leuens dra enige waarheid nie. Die kinders daar kom uit verskillende vlakke van die samelewing en ondankbares sal daar wees.

Willemien ·

Ek weet darem nie. Soos n vorige leser gemeld het:Waar daar n rokie is is daar n vuurtjie. Mense van enige kerk is nie sonder foute nie.Ek hoop dit is vals maar het n effense twyfel in my.

Tammy ·

Kinders is nooit in n kinderhuis sonder rede nie. Hulle kry dus alles in die lewe verniet en waardeer selde enige iets wat vir hulle gegee of gedoen word. As die twee skuldig is, leer hulle n ewige les. Jaag hulle terug na waar hulle vandaan kom. Ek was jare betrokke by liefdadigheid en is gereeld verstom oor die bevoordeeldes se arrogansie. Daarom het ek besluit om liewers weg te kyk as om verder betrokke te wees by ondankbare mense. Jammer maar dis die volle waarheid. Die wat die hulp wel waardeer is in totale minderheid.

Ernest ·

My ma was so 10jaar terug betrokke by die kinderhuis. syt my vertel van hoe skenkings deur die personeel vir hulself vat en hu hulle kinders ritteling gee omte slaap indie midae. kinders het dit aan my ma ge openbaar. ek glo dit is so. hierdie mense word ge victimised om nou te se hulle het gelieg.

Attie ·

Ek was persoonlik vir ‘n aantal jare betrokke by ‘n kinderhuis. Die hartseer kant van die saak is dat baie van die kinders nooit behoorlike liefde en aandag gekry het van hul ouers nie en dat hulle hulle tot ‘n verskeidenheid van metodes sal wend om daardie aandag te kry. Een so ‘n metode is presies dit wat deur die meisies beweer was. Hulle weet hoe om die gewensde reaksie te kry en om daardie saadjie van twyfel te saai. Een van ons kinderhuis se kinders het al sy oudste, stukkendste klere in sy tas gepak toe hy by sy naweekouers gaan kuier het, dit terwyl hy genoeg ordentlike klere gehad het. Toe die naweek ‘tannie’ sy klere uitpak was sy erg geskok oor die toestand waarin dit was en het sy dadelik vir hom ‘n hoop nuwe klere gaan koop. Daar kry hy toe nou presies wat hy wou gehad het, maar ongelukkig was hierdie ‘tannie’ een van die gemeenskap se vooraanstaandes en het sy almal wie sy kon gemobiliseer om van die ‘slegte’ huisouers ontslae te raak. Dis maar net een van die stories. Onthou, die kinders het nie soos jou kinders grootgeword nie. Baie van hulle het van kleins af geleer om ander mense te manupileer om hulle sin te kry. Hierdie tipe sake moet op ‘n verantwoordelike wyse ondersoek en hanteer word want die moontlikheid is altyd daar dat die aantygings deur die kind wel waar kan wees.

Ekke ·

My seun ken al 3 die dogters. Hy se hulle het n baie slegte naam. Hulle is boelies en gee nie om wie hulle deur hulle leuns seer maak nie, en klim hulle saam elke outjie in die kooi. En ja kinders dink nie wat hulle se en doen om aandag tekry nie. Ek ken n kind wat rukkend my vertel het van n vriendin wat in n aanval betrokke was en vir dood gelos is. En hulle gaan die masjiene afskakel. Toe ons met die ouers simpatiseer weet hulle van niks. En tot vandag wonder ek hoekom so n leun vertel is.

Wonder ·

Sjoe. Die een meisie het n ma EN n suster daar buite. Hoekom is sy in n kinderhuis

PC ·

Elsabe en Attie julle weet waarvan julle praat. Die meeste personeel buig agteroor om die kinders by hulle te help. Dit is jammer dat dieselfde staatsdepartement wat so vinnig ‘n verslag kan saamstel dikwels maande agter is met hul subsidies vir sulke instellings. Dan is dit die “slegte personeel” en beheerrade wat fondswerwing moet hou om kos te koop en elektrisiteit te betaal.
Dankie vir die mense wat aande en naweke omwerk omdat hul omgee vir die kinders.
Wees asseblief versigtig om kommentaar te lewer as jy nie kennis het van kinderoorde en die kinders nie.

Weeshuis ·

Ek was in ‘n weeshuis van ‘n baie jong ouderdom tot ek matrikuleer het. Daar is 2 kante van die saak. Ek weet van huis ouers vir wie dit nie ‘n roeping is nie maar net nog ‘n beroep. Wat vir jou sleg sê en laat voel dit is jou skuld dat jy daar beland het. Wat weet jul van die verwerping? Hoe die samelewing jou katogoriseer net omdat jy daar grootword en nie uit vrye wil nie. Hoe gespot word deur ander kinders by die skool. Hoe jy ‘n etiket kry as ‘n probleem en nikswerd omdat jy daar grootword. Dan is daar die enkele huisouers wat vir jou liefde gee. En dit word meer waardeer as wat julle ooit besef want jul aanvaar dit as vanselfsprekend.

Dennis ·

Bravo Weeshuis, ek respekteer jou omdat jy ondanks jou omstandighede duidelik uitgestyg het in die lewe. Jou plasing is perfek, sonder spelfoute. Daar is baie mense daarbuite wat in goeie huise grootgeword het en niks van hulleself gemaak het nie. Laat hulle jou maar “label”, daardie ettikette wat hulle so om jou nek hang, moet hulle eers van hulle eie nekke afhaal.

Anoniem ·

Daai kinders is met n rede daar en hulle ouers is gewoonlik baie aaklige mense.Ek was ook in n kinderhuis vir 9 jaar gewees en baie van die goed wat die kinders se is waar.baie van die publiek dink hulle doen ons kinders goed deur om vir hulle ou kos te skenk wat hulle nie kan verkoop nie,brood wat begin mif,pap vol wurms,chips wat my maatjie se tand gebreuk het so oud was dit,vrot verlepte groente en vrugte.en so kan ek maar aangaan.huis ouers wat verjaarsdag koeke en lekkergoed af vat as jy verjaar en die res uitdeel vir hulle eie families,daagliks het ons iewers uit ons kos kroesies gehaal.ons het n stof suier gehad maar mag dit nooit gebruik het nie en moes na elke liewe ete die hele huis op ons kniee gaan staan en op vee met n skoppie en pannetjie.En op die ou end toe het die swart regering die kinderhuis afgepers deur om oorlewings geld te weerhou van ons as die kinderhuis nie ons(die wit kinders)uitsit na ouers wat druggies of alkoholiste was nie of voog ouers.ek ken hoeveel kinders wie se ouers gemors was en daai kinders het toe op die state gaan staan en bedel vir kos net omdat hulle wit was en plek moes maak vir die donker end van die reenboog.

Blits ·

Baie van die kinders is daar deur hulle eie toedoen, baie kinders raak rebels en dit omdat die ouers nie ja en amen en spring as hulle kinders vingertjies klap nie dan is die ouers de varke in die verhaal, dalk was jou geval ook so maar sal dit nooit erken nie, ek het baie vriende wat in die instansies was en hulle is goeie mense maar daar is van die kinders in die instansies wat erg probleem kinders is en nie gehuiwer het om hulle eie gesinne uit mekaar teruk met hulle nonsens nie. maar die ouers is altyd die een wat verkeurd is omdat kinders nie kan besef of wil besef waar oor die lewe gaan nie, somige kinders wil nie he die ouers moet hulle reg help nie want dan wil jy volgens die kind sy lewe beheer, wat flippe nonsens is, kinders raak te groot vir hulle skoene en kanie man staan vir die nagevolge nie want dan is dit weer die ouers se skuld

CF ·

Ek dink dit was absoluut onnodig om so ‘n video te versprei. Hulle het glad nie ongelukkig gelyk en was baie netjies aangetrek. Hoop julle kry skaam!

Blits ·

Chris, nie al die kinders tree op volgen leinding wt gegee word nie, jy kan jou kind opvoed tot die beste van jou vermoe maar as hulle slegte invloed kry van maats is dit verby

Hendrik ·

Mens moet ook in ag neem dat jou eie kind n slegte invloed op ander se kinders agv wat hy by jou leer en sien.

Anny ·

Soms is ouers RAADop. Kinders begin in tienerjare self besluite neem (met ekstreme gevolge vir almal betrokke) en die ouers se hande is afgekap – die ouers is nie noodwendig die skuldige partye nie.

Johan ·

As hulle niks het om weg te steek sal hulle die ondersoek welkom om hulle naam te herstel as nie het hulle iets om weg te steek….

Hendrik ·

Ek ken die plek. Ek het baie keer met die 67 mandela minute vir daai kinders lekkers en koeldrank gevat en laat my dogter dit self aan elke kind oorhandig. Ek het geweier om dit net in te gee. Ek het seker gemaak elke kind kryn sy deel. Toe vat die NG kerk oor en kon ons nie self uitdeel nie en moes ingee. Toe stop ek dit. Ek daai kinders baie jammer gekry. Party stiefma’ s se harte is maar koud veral in n kinderhuis.

Henrico ·

My dosent het altyd gesê……sorg dat jy nooit alleen met meisies in klaskamer verkeer nie,want as hulle jou beskuldig van iets,is dit moeilik om jou onskuld te bewys

E.K. - ek sê net! ·

Die ma was “emosioneel betrokke” – sy kan self nie na haar kind/ers kyk daarom is hulle (om watter rede ookal) in die sorg van die kinderhuis geplaas. Maar dan gaan help sy so video maak – wat het sy nou gedink? Sy behoort haar te skaam en liefs haar eie lewe regkry en haar kind terugkry as sy so omgee oor haar “behadneling” by die tehuis. Hoop die volle waarheid kom uit, maar sulke goed gee ongelukkig ‘n slegte naam aan so ‘n plek terwyl dit alles onnodig en moontlike leuens was!

Helen ·

Ai ek lees almal se kommentare hier…..en ja hier word gevra as jy kommentaar wil lewer doen dit!

Maar ek lees heeltyd net hoe mense mense judge????

As jy nie in n kinderhuis was nie, of as jy nie die kinders en hulle omstandighede ken nie bly dan eerder stil of bied hulp aan!!! In al die kommentaar word die weeshuis, die meisies, die ouers ens beskuldig. Almal is sommer skuldig aan iets!!! N persoon noem haar seun het gese die meisies is rof en het nie n goeie naam nie……dame daai meisies het nie gevra om daar te wees nie. Hulle is deur 2 grootmense gemaak en ge laat staan. Leer jy eerder jou seun om nie af te kyk na kinders wat nie het wat hy het nie!!!

Ek voel hartseer om te sien en te lees hoe ons wit afrikaners nog in n lewe leef waar jy net praat en geen bewyse of agtergrond het van n situasie nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.