Kinderhuis-drama: ‘Ek sal verbaas wees as aantygings waar is’

Die departement sê hoewel die bewerings teenoor personeel by die Môrester-kinderhuis in Ladysmith gemaak is, sal die Newcastle-persele ook ondersoek word. Foto: Newcastle Advertiser

Die KwaZulu-Natalse Christelike maatskaplike dienste (CSS) sê hy het uiteindelik amptelik kennis van die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling ontvang oor die klagtes wat daartoe gelei het dat sowat 200 kinders die afgelope naweek onverwags uit drie van die CSS se kinderhuise verwyder is.

“Ons het uiteindelik amptelike kommunikasie van die departement ontvang waarin ons in kennis gestel word van die aantygings teen die kinderhuise. Dit is jammer dat dit nou eers gebeur het ná die afgelope naweek se gebeure.

“As ons dit verlede week al gekry het, sou ons verlede week al die gepaste stappe kon doen,” sê ds. Gerhard Botha, uitvoerende hoof van die CSS.

Hy sê die aantygings teen die kinderhuise is egter baie vaag. Volgens Botha word daar geen persoon by die naam genoem of besonderhede oor spesifieke voorvalle, datums of plekke gegee nie.

“Dit maak dit baie moeilik om daarop te reageer, aangesien daar nie vir ons spesifieke voorbeelde gegee word van die beweerde oortredings nie. Ek het steeds die idee dat hierdie aantygings anoniem na die een of ander amptenaar of politikus gestuur is,” sê hy.

Hy sê hy twyfel in die geloofwaardigheid van die bewerings, maar is steeds ten gunste van ʼn ondersoek om agter die kap van die byl te kom. “Ek ken my organisasie en ek ken my personeel. Ek sal baie verbaas wees as daardie aantygings waar is.

“Maar soos ek voorheen gesê het, ons is meer as bereid om ons volle samewerking aan die departement te gee in hul ondersoek na die bewerings en sal die gepaste regstellende stappe doen sou dit aan die lig kom dat daar waarheid in die aantygings steek.”

Ncumisa Ndelu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike ontwikkeling, het gister aan Maroela Media gesê die verwydering van die kinders volg ná bewerings van die oortreding van die Kinderwet by die Môrester-kinderhuis in Ladysmith.

Kinders word uit die kinderhuise verwyder. Foto: Newcastle Advertiser

“Die oortredings sluit in fisieke, verbale en emosionele mishandeling, asook rassisme waaronder die gebruik van die aanstootlike k-woord teenoor swart kinders en personeellede,” het sy gesê.

Ndelu het gesê hoewel die bewerings verband hou met die kinderhuis in Ladysmith, het die departement besluit om die CSS se Newcastle-sentrums ook te ondersoek. Oor die naweek is 146 kinders uit Môrester Ladysmith verwyder, 33 kinders uit Môrester Newcastle en 18 kinders uit Huis Meah in Newcastle.

Die kinders wissel van babas tot 18 jaar oud.

Botha sê die bestuur van CSS het gister met hul regspan vergader en sal onmiddellike regstappe doen om die kinders te laat terugkeer na die kinderhuise. “Ons sê steeds dat ongeag die aantygings wat by die departement aangemeld is, was dit nie nodig om die kinders só te traumatiseer en te ontwrig nie.

“Ons weet steeds nie waar die kinders is nie en verneem dat van hulle nou glo rondgeskuif word. Hoekom is dit nodig? Dit is in die beste belang van die kinders om terug te keer na die huise wat hulle ken en waar hulle veilig voel,” sê hy.

Hy sê ook die personeel van die kinderhuise is baie getraumatiseer ná die gebeure Vrydag en Saterdag daar. Berading is beskikbaar gestel vir die personeel wat teenwoordig was toe die kinders weggeneem is.

“Van ons personeel is op verlof geplaas terwyl ons besig is met die regsproses. Ander maak van die geleentheid gebruik om nou sommer te spring clean by die kinderhuise in afwagting op die kinders se terugkeer. Ons is wel gerat en staan gereed om die kinders terug te ontvang – ons sal hulle baie graag so gou moontlik terug wil hê.”

Kinders word uit die kinderhuise verwyder. Foto: Newcastle Advertiser

Hy sê hy het intussen met die hoof van die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike ontwikkeling kontak gemaak en versoek dat hulle vergader om ʼn oplossing vir die probleem te vind. “Ons hoop natuurlik dat ons ʼn oplossing buite die hof kan vind en dat dit nie in ʼn regsgeding hoef te ontaard nie. Ons gaan egter voort met albei prosesse gelyktydig,” sê hy.

“Tot op hede is daar nog nie ʼn tyd of datum vasgemaak wanneer ons met die departement kan vergader nie, maar alle aanduidings is dat hulle wel bereid is om met ons te gesels.”

Botha sê tussen al die slegte gebeure is die ongelooflike ondersteuning van die gemeenskap vir hom soos ʼn ligstraal in die donker.

“Dit is ʼn groot riem onder die hart. Ek wens ek kan vir elkeen net dankie sê – almal wat ingespring het om te help, almal wat hulp aanbied, almal wat bid en boodskappe van ondersteuning stuur. Ek het net weer in hierdie tyd gesien dat ons gemeenskap, ons mense en ons land kan saamstaan in belang van kinders in nood.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

AI AI AI ·

Ek bid dat dit vinning uitsorteer word, en dat die kinders kan terugkeer na hulle huise. Die personeel waarmee ek al te doene gehad het hier in Newcastle, het daai kinders lief soos hulle eie! Baie sterkte vir almal!!

Piet Snot ·

Hoe lyk dit my dan die amptenare is rassisties?
Dalk moet ek ‘n ongesubstansieerde anonieme klag opmaak – dis duidelik die standaard wat gevolg word.

Johan ·

Mens kan met’n stok aanvoel hier is ‘n slang in die gras. Die storie is duister.

DewaldS ·

Heksejagte maak altyd meer mense seer as wat hekse al ooit kon…

Andrew ·

Tipies. Kamma bewerings van rassisme, dan word die dam onder die eend uitgeruk. Die kinders word getraumatiseer en daar is geen ondersoek gedoen nie.

Waar is die kinders nou? In die een of ander maatjie se plek? Met ekstra bonusse?

In my ervaring weet ek hoe moeilik dit is om ‘n plek van veiligheid vir kinders te kry en hoe amper-onmoontlik dit is om ‘n staatswelsynwerker op te spoor – moet dit NOOOOIT na-ure probeer nie!!!!

Hier is myns insiens ‘n groot slang in die gras

My mening ·

Iets is erens fout. Die departement is weer met iets onheiligs besig en die arme kinders ly daaronder. Ek hoop die chaos word gou uitsorteer sodat die kinders kan terugkeer na hul huise en in vrede gelaat word.

toy ·

Iemand maak onnodig moeilikheid en ontwrig die kinders verskriklik. Die duiwel loop soos ‘n brullende leeu rond.

Pierre ·

Ek glo nie wat ek sien nie. Is dit geloofwaardig om sonder enige konkrete bewyse tot so stap oor te gaan. Wie word die meeste benadeel in die proses, natuurlik die kind. Enige Maatskaplikke Departement wat sy sous werd is sou eerstens ‘n inspekteur van soorte ontplooi het om eersterangs hulle te vergewis het van die omstandighede. Tweedens is dit krimineel om kinders net te verwyder sonder enige substantiewe redes nie. Hier is iets nie lekker nie en klink dit te veel na ‘n Schweizer Reneke insident waar die blanke as boelie uitgemaak word en die dapper en heldhaftige REGERING wys dat hy kwnsuis in belang van die mense optree. Waarom tot datum nog nie hulle standpunt met bewyse gelewer nie, waarom is alles in die duister, satan alleen werk in die duister. Waar is hierdie kinders nou en hoeveel word geintimideer om nou valse verklarings te maak net om ‘n saak uit te maak teen die CSS en sy bestuur. Vrgun my dus as ek se, HIER IS IETS IN DIE WATER EN DIS NIE VIISE NIE>

Gert J ·

Ek stem saam met die Ds. Ek dink ook die aantygings is opgemaak en of anoniem aangestuur. Te veel word aninieme goed as waarheid aan geneem

Eve ·

Klink vir my soos ‘n Esidimeni van vooraf. Gaan hulle ooit al die kinders weer kan opspoor. Dit is afstootlik

Beenbek ·

Of die aantygings nou waar is of nie, geen regdenkende mense, ontwrig of traumatiseer kinders op die manier nie, wie ookal so n opdrag gegee het, gee nie n duit om vir die kinders se welstand nie.

Meisie Dewing ·

Ek dink hulle soek die social grant geld van die kinders.

Bekommerd ·

Oppas dat dit nie ‘n 2de Life Esidimeni geval word nie.
Hulle weet nie waar al die kinders is nie en blykbaar word die kinders rondgeskuif.
Baie kommerwekkend.

Hanna Hoekom ·

Wanneer die ras-kaart gespeel word, moet mens sommer weer daar is geen geldige argument nie! Feite. Die Departement het die kinders gaan ontwrig in plaas van die sogenaamde probleme eers te probeer uitsorteer: heeltemal agterstevoor om.

Kinderhuiskind ·

Dit is nou bog,! Het hulle enige idee hoe daai kinders moet voel wat net links en regs rond gegooi word..? Aangesien daar so baie geld rond gegooi word om trauma aan die toeskouers te gee wanneer Hoerskool kinders mekaar opfoeter , hoop en bid ek hulle doen dieselfde vir die wat dit regtig verdien nou ‘n…kinderhuis kind!

AI AI AI ·

Die kinders is met GOEIE REDE van hul ouers verwyder, en nou wil jy hulle terugstuur? Het jy ‘n IDEE hoekom hulle daar is? Wel ek weet, want ek is daar betrokke!

Gerda Rall ·

Ongelukkig kan kindertjies nie terug na hulle ouers toe gestuur word nie, in (meeste) gevalle is daar rede hoekom hulle weggevat moes word. My hart is stukkend. Ja daar mag “dalk” goeie rede wees waarom hulle uit Morester verwyder is, maar kinders is reeds in hulle lewentjies deur soveel en nou die drama. Asseblief se ons hoekom? Gewese Morester Kind

maplotter ·

Amptenarre moet strafregtelik vervolg word en moet siviel verantwoordelik gehou word vir kostes en leiding.

Robert ·

Onbevoegdheid is aan die orde van die dag en dit is deurtrek deur al die departemente. Die skokkendste daarvan is dat die onbevoegde mense net so aangaan sonder blik of bloos, hulle dink hulle is reg. As jy iemand vandag tereg wys dan word jy uitgekryt.

Cornelia ·

Nog ‘n vergrype teen die “mensdom”. Onmenslik, onbevoeg, roekeloos, skokkend en die skending van kinders se reg op beskerming teen politieke uitbuiting. Die prosedure wat die eenheid volg is destruktief, impulsief en paranoïes. Maak seker dat ELKE kind gevind en teruggeplaas word in hul huise. Kinders ly geweldig vanweë diesulke goddelose praktyke.

Mickey ·

Ek hoop as die probleem opgelos word dat al die kinders gevind word en dat daar nie so n paar kindjies verlore gaan wees nie. As brul soos ek hier sit. Hoekom al die geheimhouding?

Snowflake ·

Uit met die waarheid!! Waar is 200 kinders ver plaas wat duidelik nou wou nie!! So sonder enige vooraf gaande kennisgewing?? Uit met die waarheid …. of wag volgens vorige berig is k woord blykbaar gebruik….. okey hier kom n rasse ding weer.. watch the space!!

Joan Strydom ·

Esidemi van voor af. Aan die einde sê iemand sorry of het nie geweet nie. Lewens verwoes.

Dina ·

Dit bewys net weereens dat die huidige regering NIE in staat is om n land te regeer nie. Hulle ontwrig alles en almal. Hulle kan dit nie verdra as dinge reg en normal verloor nie en hulle gee nie om hoeveel mense deur hul onsinnige besluite ontwrig word nie. Hul doel is om af te breek en te vernietig.

Natascha ·

Bog man, die meerderheid kinders in Ladysmith kinderhuis is swart. En ek twyfel baie sterk of enige van die huis ouers so laag sal daal om daai K– woord te gebruik. almal was met dieselde respek en liefde behandel. Ek dink die tehuis ouers word met streng keuring gekies. Waar is die bewyse??
So snaaks dat die kinders deur al die trauma moes gaan oor die sogenaamde aantuigings,
Hoekom nie eers die saak dan onder die bestuur van die tehuise se aandag gebring om te ondersoek nie, Nee ouens die Staat weet duidelik nie wat hul doen.
Dit maak net meer saak dat sulke sake onder die betrokke mense se aandag gebring word sodat dit uitgesorteer kan word.
Maar nee, hier word al die kinders gevat onder die mees omstrede omstandighede.
Hoop en bid dat die kinders weer so gou as moontlik na hul ou tuiste sal terug keer.

Piet ·

Natascha dis tipies van die staat om eers halsoorkop te reageer en dan agterna te moet “backpedal”. Kyk maar ook die arme juffrou van Schweizer Reneke.

Gert van Wierdapark ·

Die ” Departement” weet verseker nie wat op grondvlak aangaan nie. Sit daar in hul kom-par-te-mente waar hul te veel betaal word om papiere rond te stoot. Maat-skap is skynbaar al wat tel en nie maatskaplike werk/ontwikkeling nie

Ma ·

Was dit nou nodig om babas en klein kleuters 7uur di aand uit hul bedjies te gaan ruk en in ń kombi te prop SONDER karstoeltjies, doeke, bottels, bersies, en medisyne waar hulle moes wag tot 11uur voor hul ry om 2dae later eers by hul vreemde bestemming aan te kom! Wie is hierdie moroon agter hierdie wrede besluit? Pasop! Wie jy ookal is. Jy mors nie met God se kinders ni. Die Koningkryk behoort aan hulle en jy gaan reguit hel toe. Hulle was veilig by hul huis en het baie liefde en aandag gekry en was so goed versorg en gelukkig. Kan jy regtig sê dit is nou di geval?

Ma ·

Was dt nodig om die babas te gryp 7uur die aand en in ń kombi te prop SONDER kar stoeltjies en skoon doeke , klere, bottels, medisyne ens en dan vir ure huilend en bang te laat wag tot 11uur di nag voor hul begin ry. Dit op ń Donderdag nag en hul kom eers Saterdag aand by hul bestemming aan ! Wie is hierdie monster wat dit aan babas en kleuters doen!

Stripes ·

Daar steek iets heel anders agter die saak en die raskaart word gespeel as verskoning en regverdiging vir die optrede. Die strie is nie dalk begin deur die instansies waar die kinders nou gehuisves word omdat hulle plekke leeg is en die ander tehuise is vol nie? Iewers is iets nie lekker nie en het iemand hy sy/haar tjommie bo gekla en het die tjommie maar net opgetree om vir maatjie uit te help. Korrupsie is hier die groot ding.

Marieke ·

Hoekom so baie kinders skuif as daar een of twee persone is wat die probleem is? As dit waar is. Dank dan die persoon af???? Here ons kinders kry swaar help ons!

Skerp Spioen ·

In Engels word dit ‘n “hate hoax” genoem. Die gevoellose troglodiete behoort met die volle mag van die gereg beveg te word.

Gerda Rall ·

Ek kom uit Morester Kinderhuis uit. Ons het nie geweet van all hierdie tipe dinge nie. Ons was veilig, goed vergesorg en geen drama. Ek sal verewig dankbaar wees vir Morester Ladysmith. Dit breek my hart met alles wat nou aangaan. Alles is so teenoorgestel waaraan ons gewoond was. Ek hoop en bid dinge kom reg. Gerda (Vermeulen)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.