Kinderhuisbestuurder vas vir korrupsie en bedrog

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: aguri_art/ Pixabay) 

Die bestuurder van ’n kinderhuis in Woodstock, Kaapstad, verskyn Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof op aanklagte van korrupsie en bedrog.

Volgens kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, is die 49-jarige bestuurder van die Al-Noor-kinderhuis Vrydag in hegtenis geneem ná ’n ondersoek deur die Valke en die departement van maatskaplike ontwikkeling.

Toe die bestuurder in hegtenis geneem is, was daar 35 kinders in die kinderhuis van wie die instelling geen rekord gehad het nie. Dié kinders is met die samewerking van die departement met hul gesinne herenig, het Nkwalase in ’n verklaring gesê.

Die kinderhuis is verlede week deur die departement gesluit en 17 leerders is uit die kinderhuis se sorg gehaal nadat klagtes van seksuele misbruik aan die lig gekom het. Die saak word tans ondersoek, het Nkwalase gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Daar was voorheen klagtes, maar nie veel ondersoek gedoen nie. Ons minister van polisie lyk indrukwekkend met sy fancy hoed, maar sy doen moet daarby pas.

Oom Jaco ·

Klagtes van seksuele misbruik maar aanklagte van korrupsie en bedrog gelê? Iets maak nie sin nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.