Kinderliggaam moontlik dié van Voëlklip-slagoffertjie

Die kind se liggaam is Donderdag in die see opgemerk. (Foto: Malcolm Pojie/SA Polisie)

Die liggaam van ʼn dogtertjie wat in die see tussen Kleinkrantz en Swartvlei gekry is, is moontlik dié van ʼn kind wat vroeër saam met haar ma by die Voëlklip-uitkykpunt van ʼn krans afgestort het.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê ʼn visserman het Donderdag die liggaam in die see gesien dryf en die polisie en Nasionale Seereddingsinstituut ontbied.

Pojie sê die liggaam was reeds sodanig ontbind dat die identiteit nie dadelik vasgestel kon word nie. Die liggaam is dié van ʼn meisie van naastenby twee jaar oud en aan haar kleredrag is vermoed dat dit wel die kind is.

DNS-toetse sal die kind se identiteit met sekerheid bepaal. ʼn Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen.

Reddingswerkers en polisielede het sowat ʼn week lank na die dogtertjie gesoek, nadat sy en haar ma op 21 Januarie by die berugte krans by Heroldsbaai afgestort het. Die vrou se liggaam is dieselfde dag gevind wat die voorval plaasgevind het.

ʼn Agtjarige seun kon oënskynlik uit die motor spring voor dit van die krans afgery het. Die kind het geringe beserings opgedoen, maar was geweldig getraumatiseerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

johanf ·

So hartseer, Tragies….. My innige simpatie aan die pa, boetie en familie….
Die see strome het haar ver meegesleur…..

Casper ·

Verskoon my onkunde.Ek ken glad nie die gebied nie en daarom is dit vir my vreemd dat dit nie die eerste voorval van hierdie aard is nie.Is dit so maklik om daar af te story en hoekom word niks daaraan gedoen nie en hoekom is daar altyd kinders betrokke.

christo ·

Dis hartseer verby. Hoe verwerk ‘n agtjarige ooit so ‘n tragedie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.