Kindermishandeling kos SA sowat R238 miljard

save-children-02

Save the Children het ook die ‘Violence Unwrapped’ konsep tydens die verslag oor die koste van kindermishandeling bekendgestel. ‘Violence Unwrapped’ is ‘n toegedraaide eier wat feite, boodskappe en stories oor kindermishandeling bevat en word tans by Konstitusieheuwel in Johannesburg vertoon. Foto: Verskaf.

In 2015 het kindermishandeling die land se ekonomie R238 miljard gekos. Die bedrag is onlangs bekend gemaak ná ʼn impakstudie wat deur die kinderregte-organisasie Save the Children South Africa versoek is.

Die studie het onder meer na die langtermyneffek van emosionele, fisieke en seksuele mishandeling van kinders gekyk en wat dit die Suid-Afrikaanse ekonomie sal kos. Die studie is gelei deur die Universiteit van Kaapstad in samewerking met die Universiteite van Edinburgh en Georgia, wat data uit verskeie nasionale opnames en verslae versamel het.

“Dit was belangrik vir ons om die impak van geweld teenoor kinders in rand-en-sentwaarde te bepaal. Dit wys net hoe dringend daar opgetree moet word. Mishandeling in alle vorme het beslis ʼn impak op ons ekonomie. Die inbreuk wat mishandeling op kinders se regte maak, is net eenvoudig te duur om langer te ignoreer,” het Gugu Ndebele, uitvoerende hoof van Save the Children, gesê.

Ndebele het verder gesê die studie sal help om programme te ontwikkel wat ʼn direkte rol speel om kindermishandeling stop te sit.

Die studie het die volgende getoon:

  • 7,2% van Suid-Afrikaanse kinders sal seksueel mishandel word.
  • 26,1% van Suid-Afrikaanse kinders sal fisiek mishandel word.
  • 12,6% van Suid-Afrikaanse kinders sal emosioneel mishandel word.
  • 12,2% van Suid-Afrikaanse kinders sal ly aan verwaarlosing.
  • Meisies word 30% meer blootgestel aan emosionele verwaarlosing as seuns.
  • Slagoffers van seksuele mishandeling is 4,9 keer meer geneig om dwelms te misbruik.
  • Slagoffers wat as kinders fisiek mishandel is, is 1,34 keer meer geneig om aan vetsug te ly.
  • Slagoffers wat as kind fisiek mishandel is, is 1,41 keer meer geneig om later geestesgesondheidsprobleme te ontwikkel.
  • Geweld teenoor kinders veroorsaak dat Suid-Afrika 50% gesonde lewensjare verloor, dit is meer as diabetes en beroertes saam.
  • Kindermishandeling het ook ʼn direkte impak op ʼn kind se toekomstige vermoë om ʼn inkomste te genereer as volwassene. Die inkomstepotensiaal van hierdie kinders verminder met 11,7%.

“Hierdie bevindinge onderstreep net weereens hoe belangrik dit is om die land se kinders teen geweld te beskerm. Beskerming van kinders is ʼn duidelike belegging, wat verskeie sosiale en ekonomiese opbrengste vir die land sal verseker,” het prof. Cathy Ward van die departement sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad gesê.

Die navorsers erken dat dit ʼn konserwatiewe studie was wat bloot gefokus het op die beskikbare data en nie rekening gehou het met gevalle van mishandeling wat nie aangemeld is nie.

“Ons doel is om geweld teenoor kinders te beëindig en ons wil hierdie verslag gebruik om die gemeenskap te mobiliseer. Hierdie verslag is ʼn katalisator vir verandering in Suid-Afrika,” het Ndebele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

miv ·

Seker maar ten opsigte van die koste van hofsake, uitbetalings aan die slagoffers en begrafnisse van die wat die hoogste tol betaal het. Hoop die regering stel die doodstraf weer nie.

Leo ·

Ja en al hierdie geld word spandeer en wat lees ek vandag weer op News, Accidents, Robberies and Incidents dat ‘n 24-jarige persoon ‘n 6 weke oue baba verkrag het! Dis asof daar in die bewusmakingsmaand teen geweld en mishandeling teen vroue en kinders, meer mishandeling en verkragting geskied as enige ander maand. Dis om van siek te word.

Jenna ·

Weet julle wat kos dit die kinders? ‘n ONSEKER toekoms, PYN en LYDING en soms die DOOD soos in Poppie se geval. Julle spandeer die geld verkeerd as daar soveel miljoene spandeer word daaraan en GEEN verskil word gemaak nie. Dit neem net toe so ERENS doen julle iets verkeerd met die bekamping daarvan. Maar die armstes van armes kla nie as die rykstes van die rykes in stralers rondvlieg en biljoene mors nie, en solank die vermorsting van staatsgeld nie aangespreek word nie, gaan die regte hoeveelheid geld wat hieraan MOET spandeer word nooit bewillig word nie. Hulle FAAL die kinders in SA. Wys my EEN staatsweeshuis, nee dit word met ‘n paar rand gesubsidieer en vir die res moet hulle BEDEL. Julle prioriteite is op die verkeerde plek. Daar is ou swart dames wat in die townships probeer om met ‘n paar rand ‘n plekkie van veiligheid vir die klein kindertjies op te sit, met hulle eie geld en donasies . maar NEE die staat het belangliker dinge soos shampagne en kaviaar en oorsese trips om hulle (ons) geld op te MORS~!~

Topster ·

Daar is dalk mense wat dit verkeerd verstaan hulls dink dalk dis 16dae oorlog teen vroue en kinders want as jy vir n eenvoudige doom grap val kan dit maklik verkeerd verstaan word jy weet in die nuwe Suid-Afrika

snoefie ·

tog is geen enkele bevinding van die studie nuts nie. alles OU BEKENDE FEITE. die enigste impak studie moes gewees het of tien jaar hardepad die vloeke van hulle kwaal genees het of nie. IEMAND & KIE het weer baie diep geskep toe dit pap gereen het.

miv ·

Dan kan mens jouself afvra (26 jarige verkrag 6mnde oue baba), wanneer die slim regeringsmanne en -vroue dit hoor/lees, is daar nie ‘n hartsverandering en -begeerte om weer die doodstraf in te stel nie? So ‘n monster moet met klippe dood gegooi word!

Petro ·

Maar tog daal die aantal aanemings in die land..want kinders is “beter af” by hulle ouers en families en ons moet tog net nie inmeng met kinders se kultuur nie..en o wee…geen kinders moet deur oorsese mense aangeneem word nie want dis beter in hulle eie land. Dit word vir ons vertel wanneer ons ‘n kind ‘n liefdevolle, stabiele huis wil bied deur aaneming. Dit maak my woedend.

My Opinie ·

En ‘n kind wat mishandel word groei op en mishandel. Bose kringloop. Ekt moed opgegee met die mensdom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.