Kindermolesteerder vir die derde keer in hegtenis geneem

Ian Venter Foto: Facebook

Kinderregte-aktiviste is ontstoke nadat ʼn bekende tandarts van George in die Wes-Kaap vir die derde keer in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat is.

Ian Venter is in Desember 2014 skuldig bevind op aanklag van seksuele misdade met ʼn jong seun, en staan ook tereg op ʼn soortgelyke aanklag in die Thembalethu-streekshof.

Hy is Maandag in hegtenis geneem nadat hy na bewering die voorwaardes van sy vonnis oortree het.

Die 45-jarige pa van drie is tot vier jaar huisarres gevonnis nadat hy op verskeie aanklagte, waaronder seks met ʼn minderjarige seun, skuldig bevind is. Een van die voorwaardes van sy vonnis was dat hy nie met kinders mag werk nie. Dit het egter aan die lig gekom dat hy kinders by sy tandheelkundige praktyk behandel het terwyl hy sy vonnis uitgedien het.

Hy is Maandag by die praktyk in die middestad van die dorp in hegtenis geneem en hy het Woensdag aansoek gedoen om borgtog. Hy is vrygelaat op borgtog van R5 000 en die saak is uitgestel tot 25 Julie vir verdere ondersoek.

Hy moet egter op 9 Junie in die Thembalethu-streekshof verskyn in verband met ʼn ander saak. Venter het verlede jaar skuld ontken op aanklag dat hy ʼn 12-jarige seun seksueel aangerand het toe die seun op 11 April 2015 by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het. Venter is in hegtenis geneem deur die eenheid vir gesinsgeweld en seksuele oortredings in George. Volgens die polisie het die beskuldigde by die gastekamer van sy huis ingegaan waar die 12-jarige seun geslaap het en hy het aan hom gevat. Die kind het by Venter se seun gekuier.

Joanne Barrett, woordvoerder van Vroue en Mans teen Kindermishandeling in die Wes-Kaap, het gesê sy en haar kollegas is ontstoke oor die hof se besluit om Venter vry te laat op borgtog, ondanks sy vorige skuldigbevinding en hangende saak teen hom. “Wie is aanspreeklik vir die misdade wat gepleeg word tydens huisarres? Wie beskerm ons kinders? Moet iets verskriklik eers gebeur voor die regstelsel hierdie sake in ʼn ernstige lig beskou? Venter toon duidelik geen respek vir die reg nie. Dit is in die belang van die samelewing om hom agter tralies te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Caren ·

Story of my life…die vent ht 2 jaar huisares gekry mag ook nie met kinders werk nie. …. Maar het n kamp grond in Bloemfontein. .ouers los hulle kinders naweke daar ht polisie geskakel. Hulle doen niks …Bloemfontei …hoeveel kinders nog!

Sarie ·

Caren. Ek verstaan jou frustrate, maar gee die ouers wat hul kinders by daai kamp aflaai dan nie om nie, of moontlik is hulle nie bewus van sy dade, òf teenwoordigheid by die kamp nie. Ek is van mening dat ouers ‘n groter verantwoordelikheid teenoor hul kinders moet hê as die polisie… Ek sal nooit my kinders sommer by ‘n plek aflaai as ek nie 100% gemaklik oor die omstandighede by die betrokke plek is nie.

Lyn ·

@Caren Die polisie is tog nie die enigste.organisasie waar jy die verbreking.van borgvoorwaardes kan aanmeld nie?? Wat van die man se parooloffisier? Mens gee tog nie so gou op as kinders se welstand op die spel is nie? Ons almal.weet.om.dit .aan.te.meld.by dir.polisie.gaan.nie
vrugte.afwerp.nie – maar.daarmoet tog spesiale.eenhede wees wat net met kindermisbruik werk? Of gaan jy nou jou hande in onskuld was omdat jy dit alreeds aangemeld het by die polisie en daar niks aan gedoen word nie?

Bloem ·

Hi Caren. Meld die saak aan by die KMD op die hoek van Van Heerdenstr en Haldonweg in Willows. Hulle is wetlik verplig om ‘n ondersoek te doen. Hul het my al bygestaan met baie sake wat buite my jurisdiksie val.

Anoniem ·

Lyn, as ‘n reël sou ek jou sienswyse ondersteun maar ek self het onlangs met afgryse myself teen die SAPD en howe se onbereidwilligheid om wetstoepassing toe te dien, vasgeloop. Ek skeer beslis nie almal onder dieselfde kam nie maar ek het met afgryse besef dat min mense meer trots in huk werk het. Min mense gee regtig meer om wat met ander gebeur. Glo my, dis maklik om in die regs sisteem verlore te raak en onbeholpe te bly.

Ai ·

Nee hoor regtig!!! Ons regstelsel beteken niks as siek mense soos hy losgelaat word na so daad! Wat van die kind/ers wat hy getraumatiseer het? Wat vir die res van hul lewens met die letsels moet leef?! Hoe seker is hulle dat hy nie sy eie kinders aanrand nie! Sluit toe en gooi die sleutel weg. Dis absurd!!

Valerie ·

Haai, Oe. En kyk tog net hoe baie lief lyk hy vir homself in die foto.

Robunta ·

Kyk net hoe pronk ons in die foto. Zoom in op sy hand. Naar ??

Anina ·

Siek siek siek, hoeveel kinders moet die skepsel verwoes voor mense se skille van hul oë afval??? Hy kan baie bly wees dat hy nie my tandarts is nie! Orige ou man ???

Hanna ·

Ek dink dis tyd dat Suid-Afrika n stelsel kry soos in die VSA dat ons as ouers kan weet wie hierdie siek persone is asook waar hulle woon. Registreer hierdie kriminele! Hoekom het hulle soveel regte?

Ai ·

Hanna, ek verkies hulle eerder in die tronk vir die res van hul lewens.

Llewellyn ·

Maak soos hier in Aus.

Hulle word op n landswye lys geplaas en hulle word ook almal in dieselfde plek in n plek vir molersteerders geplaas

Elsie ·

Hoe kry mens borgtog as jy klaar onder huisarres is en jou voorwaardes verbreek? Dis belaglik.

Llewellyn ·

Ek vra my die vraag – het hy ooit aan iemand anders gedink – ek glo nie so nie

Wonder maar net ·

Wonder of sy eie kinders al deurgeloop het…. Sluit toe en gooi sleutel weg. Kanie glo hy kry borg nie. Hyt mos nou al bewys hy gaan verdomp nie ophou nie!

intheknow ·

dit was en is nie die eerste of die laaste keer nie. het al baie weg gekom sonder dat dit aangemeld is. het hom goed geken en weet meer as hy dink…..

Llewellyn ·

Ek stem saam met jou op jou hele kommentaar – ek het hom ook baie goed geken – let wel HET

Llewellyn ·

Ek stem heeltemal saam het jou hele kommentaar.Ek het hom ook baie goed geken.Let wel -HET

Andre ·

Hoe bly hierdie pedofiel se vrou nog met hulle kinders by hom?

Anoniem ·

Andre, sy vrou is 4 jaar terug oorlede. Kyk bietjie … Romy Venter.

Llewellyn ·

Ja Andre – ek is maar bly sy vrou is nie daar om dit te aanskou nie.Sy is al n paar jaar gelede oorlede.

Sou sy nog geleef het glo ek sy en die kinders sou al lankal nie meer daar gewees het nie

Carien ·

Nou as sy vrou dood is, waar is sy eie kinders nou as hy aangekla word van sulke dade? Hulle kan mos nie die kinders in sy sorg los nie, geen kind is veilig by hom nie. Een van sy voorwaardes is dat hy nie naby kinders kom nie, so is sy kinders by familie?

Llewellyn ·

Hi Carien

Ek gaan reguit met jou wees.Hy was met my oorlede suster getroud.

Ek het jare terug al kontak met hom verbreek as gevolg van verskeie redes.

Om jou vraag te antwoord – ja die kinders is by hom.

L

Llewellyn ·

Carien

Hy was met my oorlede suster getroud maar het jare al nie meer kontak met hom nie agv verskeie redes.

Om jou te antwoord – ja die kinders is by hom

L

Ai ·

Dis absoluut skokkend dat die kinders nie weggevat is van hom nie! Hulle moes dadelik in pleegsorg geplaas gewees het na sy eerste arrestasie! Ons regstelsel is absoluut pateties.

Henry ·

Mag God ons Vader genade betoon op mense wat nie Sy wil volg en berou betòon nie. Abba Vader ek bid vir genade vir ons as mense wat ons eie wil en eie pad loop. Vergewe ons soos Jesus ons vergewe het op die kruis van Golgota want ons as mense weet nie wat ons doen nie.Amen

Llewellyn ·

Ek is nie skaam om te sê wie ek is nie.Die ou was getroud met my suster.Sy is nou al n paar daar gelede oorlede.

My kontak is al jare terug met hom verbreek vir verskeie redes waarvan die berig hierbo een is.

Ek voek vir die mense wat naby aan hom is – bIe van hulle word soos gemors behandel(hy sal weet wie dit is).

Ek is nie hier om te oordeel nie maar watter regdenkende persoon sal hulle kinders naby hom toelaat – wat van die ouers wat hulle kinders na hom toe geneem het vir afsprake nadat die hof beveel het dat hy nie kinders mag sien nie.

Het hy ook al aan sy familie en kinders gedink – NEE.Daardie kinders moet elke dag skool toe gaan.Ek haal my hoed af vir hulle.

In n ander berig is daar gese dat hy sigarette by n drankwinkel gekoop het – volgens die berig mag hy geen drank gebruik nie.Sekerlik is sigarette by ander plekke te koop.Vir wie probeer hy om te bos lei ?

Hoeveel jaar is nou al wat ding ding van die kinders in en uit die hof gaan ? 4 jaar of dalk 5.Wat makeer die regstelsel ?Laat die hof sy gang gaan maar hoelank nog moet die kinders(wat betrokke is) en mense na aan hom nog daar onder lei ?

Bosbok ·

Llewellyn, siende dat dit jou susterskinders is wat by die monster bly – waar jy bewus is van wat hy doen aan kinders – sou ek glo jy het gepoog om die kinders uit sy sorg te kry?

elize naude ·

@ lliewellyn wat het jy as tante onderneem om jou suster de kinders te beskerm?

Ai ·

Elize, Llewellyn is n man se naam. So hy is die kinders se oom, nie tannie nie.

Nie so maklik soos jy dink om in te meng as die persoon nog wettige voog van die kinders is nie.

Llewellyn ·

Elize

Ek is die kinders se oom maar om jou te antwoord as ek in SA gebly het sou ek als in my mag gedoen het.

Ek kommunikeer met die ouste een maar dis maar moeilik as n persoon nie self daar is nie

Gatvol ·

@ Llewellyn. Ek is jammer oor jou suster. Ek het haar ook geken en weet sy was ‘n wonderlike mens. Ek weet ook as sy vandag nog gelewe het sou sy haar kinders eerste gestel het. Dit is hartseer om van die kommentaar hierbo te lees en te sien dat daar mense is wat geweet het van nog gevalle maar gekies het om stil te bly. Baie mense en families kon baie hartseer gespaar gewees het.

Sarel Strydom ·

Bewys net weereens dat veldtog vir geweld teen vrouens en kinders deur Politiek gekaap is en nie aan doel beantwoord nie. SA Regstelsel voorsien nie voldoende beskerming nie.

m ·

Siek mense in hierdie samelewing. Hoe doen n man wat self kinders het sulke siek goed…. sal nooit verstaan wat in sulke mense se siek breine aangaan……….

Helen ·

Ek ken hom ook. Hy maak uit op sy fb blad dat hulle is hierdie gelukkige gesin? Sy blad is vol van fotos van sy 2 seuns en dogter. Hy pose ook baie met sy afslaan mercedes en sy mooi oorlede vrou. Kan sommer dadelik optel die man skuil agter iets daai blad lyk te goed om waar te wees.

Kan nog steeds nie glo hy kom elke keer weg met dit nie??? Daar is meer kinders as wavan almal weet!

Dirk ·

Ek verstaan nie hoe hy op borg kan uitgelaat word nie. En dan net R5k!? Sluit toe lewenslank.

Adele ·

Dit is so hartseer om te dink sy kinders word blootgestel aan al die dinge. Hoop dat daar familie is wat sal aansoek doen om die kinders in hulle sorg te plaas. Hy kry moontlik borg omdat hy aanvoer dat hy na sy eie kinders moet omsien.

Llewellyn, sterkte aan jou en familie kan dink dit moet so seer maak want jy weet jou suster sou nie haar kinders aan al die dinge blootgestel het nie.

Fires ·

In die goeie ou dae was verkragting ‘n halsmisdaad, deesdae word seksuele oortreders met handskoene hanteer

Johan ·

Dis seker maklik om te praat, maar die familielede moes dalk al lankal so paar “vriende” bymakaargekry het…en in die donker buite ‘n restaurant of so biki gewag het. ‘n Baseball~bat het baie oortredingsvermoë.
En bring die doodstraf terug vir verkragting en molestering. Hoekom moet ons belastingbetalers hierdie mense vir watse vonnisse ook al vir nog jare onderhou. In tronk wees in nie regtig meer ‘n straf nie. Dak oor jou kop, kos en klere- verniet!! Baie van ons bejaardes het nie só ‘n luukse nie.

Frieda ·

Hoekom sit hulle hom nie in ‘n gestig nie want hy is definitief siek in sy kop

RegtigRe ·

Tel julle woorde hierdie man het kinders. Ongeag wat hy gedoen het is die stellings hier baie nadelig vir sy kinders. En nee ek ken hom van geen kant.

Pastorie-kind ·

Dit is so siek. Ek kom uit ‘n huis waar ons pa ook so monster is. Die hartseer is dat selfs sy bloedkinders nie kon vryspring nie. Dit is so dikwels die patroon. Vertrouensposisies word misbruik om prooi te soek. Hierdie mense kan en wil nie verander nie. Dit vernietig ‘n mens op soveel vlakke en dit is so uitputtend om die front voor te hou. En as jy die dag groot is en jy begin soek na geregtigheid, sien jy hoe die slagoffers in die restelsel net weer verder verskeur word. Wie sien daarvoor kans? Gelukkig is daar Een wat alles sien. Kan Maroela dalk by die departement van maatskaplike dienste navraag doen oor hierdie kinders? Of daar al ‘n ondersoek was? Vir ‘n opvolgstorie. Dit sal dalk die nodige druk kan plaas?

Marietjie ·

Sy kinders behoort dadelik van hom af weg geneem word. Sekerlik sal hy met hulle ook seksuele dade pleeg. Waar is die kinderhof???

Ada ·

As ek hom moet raakloop sal hy nooit weer iemand KAN mollesteer nie.

Hieraldo ·

Ek gril my om te dink die tandards moet aan my vat. En hy is siek, die gans!

Helliraldo ·

Hoe kan iemand sy kinders by hierdie gans laat behandel? Ek gaan bietjie vir dr. Jan Adriaan Venter by sy praktyk bel en die gans goed uitskel.

Ek het ook op sy naels ingezoom. Pikswart. Seker na sy swart dade. Kyk net hoe pronk die gans.

Elize Rheeder ·

Baie, Baie SIEK!!!
Pedofiele is baie moeilik behandelbaar!

Carma ·

Vuil naels? As mens die foto vergroot verkleur die punte van die man se vingers. Maar hy het al aan my gewerk en ek moet darem se sy naels altyd skoon. Masr dit het niks met die saak uit te waai…. hoekom oor naels praat as daar erger aantuigings is? Hierdie arrestasie, onder korreksie, was dat hy voortgegaan het om minderjariges tandheelkundige behandeling toe te pas op grond van regsadvies. Dit was nie dat hy weer iets gedoen het nie? Of is ek verkeerd? Sover ek weet is daar een saak en vonnis en n hangende saak.

Robunta ·

Sy dade pla my meer, maar die gedagte van sulke vuil naels gril my erg. Kyk die slap handjie.

Marma ·

Hy het destyds ‘n seun in sy spoghuis geoenetreer. Google dit.

Karma ·

Carma, kom jy regtig nou op vir jou tandards? Hy het dade met seuns gedoen. En sy naels walg my.

Carma ·

Ek stem saam slap handjie…. muskien is hy closet case en seun ook maar gay? Ek was nie daar. Maar hy skuldig bevind aan seks met toestemming…. laat my wonder oor hoekom dan gaan kla …. maar weereens sy naels is altyd skoon gewees toe ek hom nog besoek het. Ek weet ook dat sy vrou , wat op daai stadium baie siek was , en sy kinders vir hom sy alles was. Ek kom nie op vir hom nie. Ek se net ek het goeie diens gehad en hy het niks gese van sy vtou totdat mens gevra het na die fotos teen die muur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.