Kindermoordenaar as ‘sagmoedige reus’ beskryf

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Natasha Hansen, ʼn 36-jarige vrou wat skuldig bevind is aan die moord op haar vyfjarige stiefseun, is in die Wes-Kaapse hooggeregshof beskryf as ʼn ‘sagmoedige reus wat nie ʼn vlieg sal skade aandoen nie’.

Só het Winifred van Diemen (73) ter strafversagting vir Hansen getuig. Hansen is in Desember skuldig bevind aan moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer in verband met die moord op haar vyfjarige stiefseun, Gershwin Isaacs.

Die seuntjie het weke voor sy dood by sy pa Russel Hansen en stiefma ingetrek. Gershwin is op 28 Mei 2004 met kopbeserings in ʼn hospitaal opgeneem en is kort daarna dood.

Van Diemen het Maandag getuig dat sy Natasha op 11-jarige ouderdom ontmoet het toe sy by ʼn plaaslike sagtebalklub aangesluit het. Volgens Van Diemen was sy soos ʼn tweede ma vir Natasha en het haar onder haar vlerk geneem aangesien sy potensiaal in haar gesien het.

Van Diemen het gesê Natasha het ‘n aktiewe rol in die klub gespeel as afrigter en skeidsregter en dat geen van die ouers ooit oor haar gekla het nie. Natasha, ʼn ma van drie, is tans ʼn sagtebalafrigter by Rhodes High in Mowbray.

Die staatsaanklaer, Megan Blows, het tydens ondervraging aan Van Diemen gesê die hof het vroeër gehoor dat Natasha vir Gershwin geslaan het. “Ek is lief vir Natasha as ʼn dogter en dit is nie die Natasha wat ek ken nie.”

Beamptes van die departement van korrektiewe dienste het vroeër getuig Natasha het geen berou getoon vir haar dade nie en dat sy tot tronkstraf gevonnis moet word.

Die saak gaan Dinsdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann Marx ·

Die “ou mense” het sulke gesegdes gehad wat ek op skool moes leer, en nooit werklik verstaan het nie…..tot nou dat ek self nie meer so jonk is nie en die lewe al bietjie beleef het. Die gesegde wat hier van toepassing is, is dit: Bloed is dikker as water….. Hierdie vrou is nie die enigste een wat “stief-kinders” verinneweer het nie….Baie doen dit, al is daai “stief-kinders” al volwassenes en al gebeur dit net op ‘n emosionele vlak. “Bloed…..sal altyd dikker wees as water.”

Johan 2 ·

Soms is dit wel so dat “party se bloed dikker as ander se bloed” en hul kom ook maar tweede.

Elmarie Pretorius ·

Ek bid dat my saak in Oktober wat presies dieselfde geval is en aangehoor gaan word in PTA hooggeregshof selfde uitspraak sal he. Die dogtertjie wat vermoor en so seer gemaak is was slegs 2 kon nie eers self opstaan teen n monster nie

SNEL ·

Dis vreeslik dat kinders deur groot mense wat hulle moes beskerm en versorg het, verniel en vermoor word.

CHRISTA ·

Ek vra ook dat hulle die doodstraf terugbring!! Maar ek wil ook weet : waar is die kind se PA???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.