Kinderoppasser vas vir poging tot moord

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn kinderoppasser in hegtenis geneem nadat sy na bewering Woensdagaand die drie maande oue baba na wie sy moes omsien, aangerand en gewurg het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die ma van die baba het gister haar kind in die sorg van ʼn 24-jarige kinderoppasser in Umlazi gelos terwyl sy deur die dag moes werk.

Met haar aankoms by die huis gisteraand, het sy haar huilende baba met ʼn hoë liggaamstemperatuur aangetref.

Die ma het rondgevra en toe gehoor dat die kinderoppasser haar baba glo aangerand en gewurg het.

Volgens Gwala het die vrou die voorval by die plaaslike polisie aangemeld waarna ʼn saak van poging tot moord aanhangig gemaak is.

Die baba is na ʼn hospitaal gehaas en die babaoppasser is in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Umlazi-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rn ·

Hoe los jy jou baba by so iemand? Is sy gekwalifiseerd om na babas om te sien? Jy kan mos nie iemand sommersoet jou kind vertrou nie liewe hemel

Poppie ·

Ek kry mense so jammer wat noodgedwonge van oppassers gebruik moet maak, wat nie kleuterskole kan bekostig nie.

Mel ·

Uit my ervaring is kleuterskole baie goedkoper as een oppasser vir jou kind wat tuis bly. Maar elk geval – dis vreeslik!!
Eerste ding wat ek na gekyk het toe ek kleuterskool vir my kindjie soek was een met kameras binne elke klaskamer en op die speelgrond. Dalk oorversigtig, maar die wereld het mal geword!

Dries Moolman ·

Hoe weet die mense by sy rondvra dat die baba mishandel is, maar hulle self het dit duidelik maar toegelaat en toegekyk so deur die dag? DInk hier kort nog heelwat inligting in hierdie storie.

Emma ·

As daar nou een ding wat my boos maak is dit kinderoppassers wat kinders verniel. Ek het self kleinkinders en sal rooi sien as dit met een van hulle sal gebeur. Het die mense nie harte nie? Sluit toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.