Kinderporno: Beskuldigde ‘te oud’ vir tronk

Johannes Kleinhans

Die veroordeelde pedofiel, Johannes Kleinhans (75), se tronkstraf is aansienlik verminder weens sy ouderdom, berig Times Live.

Kleinhans is in Januarie verlede jaar tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy vroeër skuldig bevind is op 95 aanklagte van onder meer seksuele aanranding en die besit en vervaardiging van kinderpornografie.

Times Live berig dat die Wes-Kaapse hooggeregshof intussen verlede week Kleinhans se vonnis tot ‘n effektiewe vier jaar tronkstraf verminder het. Die hof het hom tot agt jaar tronkstraf gevonnis waarvan vier jaar opgeskort is. Volgens die berig het die hof Kleinhans se vonnis verminder aangesien die langer vonnis nie “menslik” is nie en die ander hof die “die erns van die oortredings oorbeklemtoon het.”

Kleinhans was ten tyde van sy arrestasie in 2009 ʼn prominente sakeman en direkteur en uitvoerende hoof van verskeie maatskappye. Kleinhans het drie meisies seksueel aangerand en daarna naakfoto’s van hulle geneem. Hy het glo vir twee van die meisies Christelike boeke gekoop nadat hy hulle afgeneem het. Kleinhans het ook ʼn huis gehuur wat hy met drank, pornografie en kondome toegerus het vir sy drie slagoffers.

BRON: Times Live

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Daleen ·

Dit is verdomp onregverdig, daar was niemand wat die kinders kon beskerm het teen hierdie monsters nie. Sy totale optrede was nie menslik nie, laat hom sit, laat hy uit die tronk gedra word in sy houtpakkie.

Johann ·

Te oud vir die tronk! Wat van Clive Derby-Lewis en hy is nog terminaal siek ook!
Sit jou swerkater.

Hettie ·

Hy was nie te oud om die daad te pleeg nie maar te oud vir tronkstraf. Nee wat ons regstelsel is ‘n klug.

Lawrance ·

Dit is lagwekkend, maar ek voel beslis nie lus om te lag nie.

Peter Says ·

Kort en kragtig…”Money Talks” Baie onregverdig maar “sowaar”

Meisie ·

Ek stem saam.Hy het geen menslikheid teenoor sy slagoffers betoon nie,so hy kan geen menslikheid verwag nie!! Wil hulle nou net seker maak die vieslike ding kry die kans om nog kinders se lewens te verwoes voor hy vrek!!! As hy uitkom en dit weer doen ,sal dit seker net `n geval wees van – los hhom maar die keer , hy is te oud vir die hof???????? Die feite is nou maar net…. die krimineel het meer regte as die slagoffers, dit word oor en oor bewys!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.