Kinderporno: Man gevonnis

court-hammer_thumbDie vonnisoplegging van ʼn man wat geskeide vrouens se jong dogters op sosiale media geteiken het ten einde naakfoto’s van hulle te kry, sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-streekhof begin.

Anthony Louw, ʼn konstruksiewerker, het vroeër skuldig gepleit op aanklag van die besit van kinderpornografie.

Daar is seksueel aanloklike en eksplisiete foto’s van jong meisies in Louw se besit gevind. Een van die meisies is glo 12 jaar oud.

Louw het glo die name “Shivon”, “Chivonne” of “Chevonne” gebruik om geskeide vrouens en hul dogters op BBM en WhatsApp te bevriend.

Hy het hulle gevlei en die meisies het later vir hom foto’s gestuur van waar hulle kaal poseer. Van die foto’s is glo voor skole in die Rustenburg-omgewing se naamborde geneem.

Louw is na ʼn wenk van die publiek in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Rehabilitasie. Siestog. Daar is net 1 ding wat hom pla. Sny dit af en los hom laat hy loop. Een minder in die tronk waarvoor ons belastinggeld voor sorg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.